Heterokonta

Die Heterokonta (ook: Stramenopiles) is 'n tak (superfilum) van die Harosa wat gekenmerk word deur die besit van een 'harige' en een 'gladde' flagellum. Hulle is soms eensellig en lyk dikwels soos alge, maar daar is ook vorme wat baie soos swamme lyk.Hierdie groep bestaan uit 'n aantal subgroepe:[9]

Heterokonta
Ochromonas sp. (Chrysophyceae), with two unequal (heterokont) flagella. Mastigonemes not represented.
Ochromonas sp. (Chrysophyceae), met twee onewe (heterokonte) flagella. Mastigonemes word nie verteenwoordig nie.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein:Eukaryota
Klade:SAR
Infrakoninkryk:Heterokonta
Cavalier-Smith, 1986[1]
Tipiese klasse

Gekleurde groepe (alge-agtiges)
Ochrophyta

  • Actinochrysophyceae, of Dictyochophyceae s.l. (axodines)
  • Bacillariophyceae (diatome)
  • Bolidophyceae
  • Chrysomerophyceae
  • Chrysophyceae (goudwier)
  • Dictyochophyceae
  • Eustigmatophyceae
  • Pelagophyceae
  • Phaeophyceae (bruinwier)
  • Phaeothamniophyceae
  • Pinguiophyceae
  • Raphidophyceae
  • Synchromophyceae
  • Synurophyceae
  • Xanthophyceae (geel-groen alge)

Kleurlose groepe
Pseudofungi

  • Oomycetes (watermuwwe)
  • Hyphochytriomycetes

Bigyra

  • Bigyromonadea
  • Bicosoecea
  • Labyrinthulomycetes (slymnette)
  • Opalinea
  • Proteromonadea
  • Blastocystis
Sinonieme
  • Stramenopiles Patterson, 1989[2]
  • Straminopiles Vørs, 1993[3][4]
  • Heterokontophyta van den Hoek et al., 1995[5]
  • Stramenopila Alexopoulos et al., 1996[6]
  • Straminipila Dick, 2001[7]
  • Stramenipila Dick, 2001, orth. var.[8]

'n Moontlike indeling is:

  • Ochrophyta
    • Die diatome -fotosintetiese alge met 'n wand van kiesel.
    • Die goue alge -- wat ander kleurstowwe as chlorofil vir fotosintese gebruik.
    • Die bruin alge -- hulle kan baie groot word, soos kelp
  • Oomycota
    • Die waterswamme (Oomycetes) wat lank as swamme gesien is maar nie aan hulle verwant is nie; 'n belangrike verteenwoordiger is Phytophthora wat laatroes by aartappels veroorsaak.
  • Bigyra
    • 'n Paar kleiner groepe

Verwysings