Hidjra

Die hidjra (Arabies: الهجرة) was die reis van die profeet Mohammed en sy volgelinge van Mekka na Medina.[1][2] Die jaar waarin die hidjra plaasgevind het, word ook geïdentifiseer as die tydperk van die maanhidjri en sonhidjri; die datum stem ooreen met 16 Julie 622 van die Juliaanse kalender. Die Arabiese woord hidjra beteken onder meer "vertrek" of "migrasie". In Middeleeuse Latyn is dit ook as hegira getranslitereer.

Beskrywing

In die vroeë dae van Mohammed se preke van Islam het sy volgelinge sy naaste familie en vriende ingesluit. Ná die verspreiding van sy godsdiens het verskeie uitdagings Mohammed en sy klein groep Moslems in die gesig gestaar, insluitend 'n boikot van Mohammed se clan, marteling, moord en ander vorme van godsdienstige vervolging deur die inwoners van Mekka. Teen die einde van die dekade is Aboe Talib, Mohammed se oom wat hom te midde van die leiers van Mekka ondersteun het, dood. Eindelik het die leiers van Mekka gelas dat Mohammed deur 11 mans met swaarde tereggestel word.[3]

In Mei 622, ná samespreking met leiers van Medina, het Mohammed in die geheim van sy huis in Mekka gevlug en na Media getrek saam met sy vriend, skoonpa en metgesel Aboe Bakr.[4] Mohammed is in Medina verwelkom en die stad is hernoem van Yathrib na Al Madinah Al Munawwarah (Arabies: المدينة المنورة‎, "Die Verligte Stad"), algemeen vereenvoudig as Medina (Arabies: المدينة, "Die Stad").[5]

Verwysings

Skakels