Aboe Bakr

Aboe Bakr As-Siddiq (Arabies: أبو بكر الصديق; omstreeks 573 – 634)[1] was die eerste "reggeleide" kalief van Islam (632–634).[2] Hy was Mohammed se skoonpa, een van sy naaste metgeselle en raadgewers. As eerste kalief het hy die Profeet se politieke en administratiewe funksies ná sy dood oorgeneem en so die eerste kalifaat gestig.[3] Hy was blykbaar die eerste manlike bekeerling tot Islam.[3][4] Mohammed het hom die titel as-Siddiq, "die waarheidsliewende", gegee danksy sy vermoë om die waarheid te onderskei.[5][6]

Aboe Bakr
أبو بكر الصديق
Kalief van die Rasjidoen-kalifaat
Aboe Bakr As-Siddiq (أبو بكر الصديق)
Aboe Bakr As-Siddiq (أبو بكر الصديق)
Volle naamAboe Bakr (أبو بكر الصديق)
TitelsOpvolger van die boodskapper
Regeer8 Junie 63223 Augustus 634
VoorgangerMohammed (as profeet en stigter van die Islam)
OpvolgerOmar
Geboreca. Oktober 573; Mekka, Arabië
Oorlede23 Augustus 634; Medina, Arabië
BegraweAl-Masjid an-Nabawi, Medina
Eggenote
  • Qutaylah bint Abd-al-Uzza (geskei)
  • Um Ruman
  • Asma bint Umays
  • Habibah bint Kharijah
Kinders

Seuns

  • Abdoellah ibn Abi Bakr
  • Abdoe'l-Rahman ibn Abu Bakr
  • Mohammed ibn Abi Bakr

Dogters

  • Asma bint Aboe Bakr
  • Aisja
  • Umm Khultum bint Aboe Bakr
VaderOethman Aboe Quhafa
MoederSalma Umm-ul-Khair
Broers
  • Mu'taq (vermoedelik die midde)
  • Utaiq (vermoedelik die jongste)
  • Quhafah ibn Oethman (vermoedelik die oudste)
Susters
  • Fadra
  • Qareeba
  • Umme-e-Aamer
AfstammelingeSiddiqui
Die Rasjidoen-kalifaat tydens die heerskap van Aboe Bakr.

Verwysings