Hominidae
Die Hominidae of hominiede, ook bekend as die "groot ape", vorm ’n taksonomiese familie van primate, insluitende vier bestaande genera:
- Sjimpansees (Pan) – 2 spesies
- Gorillas (Gorilla) – 2 spesies
- Mense (Homo) – 1 spesie
- Orang-oetangs (Pongo) – 2 spesies.
Hominiede | |
---|---|
Twee hominiede: ’n mens (Homo sapiens) en ’n sjimpansee (Pan troglodytes) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Parvorder: | Catarrhini |
Superfamilie: | |
Familie: | Hominidae (Gray, 1825) |
Genera | |
| |
Sinonieme | |
|
Die term "hominied" word ook in ’n enger sin gebruik vir Hominini, of "mense en verwante van mense nader as sjimpansees".[1] In dié sin het alle hominiede spesies behalwe Homo sapiens uitgesterf.
’n Aantal bekende uitgestorwe genera word saam met die mens in die subfamilie Homininae geklassifiseer, en ander saam met orang-oetangs in die subfamilie Ponginae. Die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van die Hominidae het rofweg 14 miljoen jaar gelede geleef,[2] toe die voorouers van die orang-oetang afgeskei het van die voorouers van die drie ander genera.[3] Die voorouers van die Hominidae-familie het toe reeds van dié van die Hylobatidae-familie afgeskei, moontlik 15 miljoen tot 20 miljoen jaar gelede.[3][4]
Verwysings
Eksterne skakels
- Michigan-staatsuniversiteit, "Great Apes and the Law"
- Voorbeelde by Smithsonian Geargiveer 3 Desember 2013 op Wayback Machine
- Inligting en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hominidae.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Hominidae