Homo

Hierdie artikel handel oor die genus. Vir homoseksuele mens, sien gay of lesbiër.

Homo is die genus wat die moderne mens insluit, asook verskeie uitgestorwe spesies wat óf die mens se voorouers óf naby verwant was. Onder hulle is die belangrikstes Homo erectus en Homo neanderthalensis. Wetenskaplikes reken die genus Homo is tussen 1,5 miljoen en 2,5 miljoen jaar oud. Alle spesies wat tot hierdie genus behoort het, het uitgesterf – behalwe H. sapiens, die moderne mens. Die laaste ander Homo-spesies wat geleef het, is waarskynlik H. neanderthalensis en H. florensiensis en hulle het na raming tussen 24 000 jaar en 12 000 jaar gelede uitgesterf.

Homo
Tydperk: Plioseen – hede
2.4–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Infraorde:
Superfamilie:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Homo

Tipespesie
Homo sapiens
(Linnaeus, 1758)
Spesie

Homo sapiens
Homo gautengensis
Homo habilis
Homo erectus
Homo antecessor
Homo ergaster
Homo rhodesiensis
Homo heidelbergensis
Homo neanderthalensis
Homo floresiensis
Denisova hominin

Evolusie en migrasie

Daar word aanvaar die genus het ontstaan met die verskyning van H. habilis, net meer as 2 miljoen jaar gelede.[1] Dié spesie het ontstaan uit die genus Australopithecus, wat self vroeër vertak het van die lyn Pan, die sjimpansees.[2]

Homo is die enigste genus van die subtribus Hominina, wat saam met die subtribusse Australopithecina en Panina die tribus Hominini uitmaak.

H. erectus het sowat 2 miljoen jaar gelede op die toneel verskyn en in verskeie migrasies deur Afrika (waar dit H. ergaster genoem word) en Eurasië versprei. Dit was waarskynlik die eerste menslike spesie wat in ’n jagter-versamelaar-gemeenskap gewoon en vuur beheer het. H. erectus was ’n aanpasbare en suksesvolle spesie en het meer as ’n miljoen jaar lank bestaan. Hulle het omstreeks 500 000 jaar gelede stelselmatig in verskeie ander spesies begin ontwikkel.

H. sapiens het sowat 300 000 tot 200 000 jaar gelede ontstaan,[3] heel waarskynlik in Afrika, en H. neanderthalensis het omtrent dieselfde tyd in Europa en Wes-Asië verskyn. H. sapiens het in verskeie vlae uit Afrika versprei, van moontlik so vroeg as 250 000 jaar gelede, en vir seker teen 130 000 jaar gelede. Teen sowat 70 000 jaar gelede het mense met die suidkus van Asië langs versprei en teen 50 000 jaar gelede het hulle hulle in Eurasië en Oseanië gevestig.

In Afrika én Eurasië het H. sapiens argaïese mense (nie sapiens nie) raakgeloop en met hulle verbaster geraak.[4][5] Aparte argaïese spesies het vermoedelik tot omstreeks 40 000 jaar gelede oorleef (soos die Neanderdallers), en hibriedspesies moontlik tot 12 000 jaar gelede (soos die Edelhert-grotmense).

Verwysings

Eksterne skakels