Hond (astrologie)

Die Hond (Chinees: 狗, gǒu) is die elfde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Hond word verbind met die Aardse taksimbool 戌.[1]

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Hond, hoewel hy goed kon swem, sy tyd verspeel deur eers in die water te speel.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Hond is van 19:00 tot 21:00 – die tyd wanneer honde die huis oppas.

In Chinese simbologie word Honde beskou as getrou, verantwoordelik, slim en dapper, maar ook sensitief, konserwatief, koppig en emosioneel.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Hond gebore, met ook die volgende elementêre teken:[2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
14 Februarie 19343 Februarie 1935Houthond
2 Februarie 194621 Januarie 1947Vuurhond
18 Februarie 19587 Februarie 1959Aardhond
6 Februarie 197026 Januarie 1971Metaalhond
25 Januarie 198212 Februarie 1983Waterhond
10 Februarie 199430 Januarie 1995Houthond
29 Januarie 200617 Februarie 2007Vuurhond
16 Februarie 20184 Februarie 2019Aardhond
2 Februarie 203022 Januarie 2031Metaalhond
22 Januarie 20429 Februarie 2043Waterhond

Honde en hul maats

TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats
HondHond, Tier, PerdVark, Konyn, Bok, Slang, Haan, Os, Aap, RotDraak

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarXu
Die Vyf ElementeAarde
Jin/jangJang
Maanmaand9de
Gelukkige nommers3, 4, 9; vermy: 1, 6, 7
Gelukkige blommeRoos, orgidee
Gelukkige kleureGroen, rooi, pers; vermy: blou, wit, goud
SeisoenHerfs
Naaste Westerse tekenWeegskaal

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Vorige teken
Haan (酉)
Hond (戌)Volgende teken
Vark (亥)