Vark (astrologie)

Die Vark (Chinees: 豬, zhū) is die twaalfde en laaste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Vark word verbind met die Aardse taksimbool 亥.[1]

In die Japannese en Tibettaanse astrologie word die Vark vervang met die Wildevark.[2]

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Vark honger geword en gestop om iets te eet. Daarna het hy aan die slaap geraak. Hy het net betyds wakker geword om die twaalfde plek te behaal voor die resies verby was.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Vark is van 21:00 tot 23:00 – die tyd wanneer varke lekker slaap.

In Chinese simbologie word Varke beskou as goedhartig, getrou en eerlik, maar ook naïef, liggelowig en traag.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Vark gebore, met ook die volgende elementêre teken:[3]

BegindatumEinddatumHemelse tak
4 Februarie 193523 Januarie 1936Houtvark
22 Januarie 19479 Februarie 1948Vuurvark
8 Februarie 195927 Januarie 1960Aardvark
27 Januarie 197114 Februarie 1972Metaalvark
13 Februarie 19831 Februarie 1984Watervark
31 Januarie 199518 Februarie 1996Houtvark
18 Februarie 20076 Februarie 2008Vuurvark
5 Februarie 201924 Januarie 2020Aardvark
23 Januarie 203110 Februarie 2032Metaalvark
10 Februarie 204329 Januarie 2044Watervark

Varke en hul maats

TekenBeste maatsGemiddelde maatsSlegte maats
VarkVark, Konyn, BokHond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Haan, OsSlang

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarHai
Die Vyf ElementeWater
Jin/jangJin
Maanmaand10de
Gelukkige nommers2, 5, 6, 8; vermy: 3, 4, 9
Gelukkige blommeLelie van enige spesie
Gelukkige kleureGeel; vermy: rooi, blou
SeisoenWinter
Naaste Westerse tekenSkerpioen

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Vorige teken
Hond (戌)
Vark (亥)Volgende teken
Rot (子)