Ian Roberts

Suid-Afrikaanse akteur, toneelskrywer en sanger

Ian Roberts (gebore 30 November 1951) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, toneelskrywer en sanger. Sy moedertaal is Engels, maar hy praat vlot Afrikaans en ook Xhosa.

Ian Roberts
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Ian Roberts tree op by die Rittelfees op Vredendal in 2003

Geboorte30 November 1951 (1951-11-30) (72 jaar oud)
Fort Beaufort
NasionaliteitSuid-Afrika
SkoolSt. Andrew's-kollege, Grahamstad
Alma materRhodes-universiteit
Beroep(e)Akteur, toneelskrywer, sanger
Aktiewe jare~1980-
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewe

Roberts is in Fort Beaufort in die Oos-Kaapprovinsie gebore en het op sy pa se sitrusplaas naby die dorp grootgeword. Hy het St. Andrew's Voorbereidingskool en St. Andrew's College in Grahamstad bygewoon. Na voltooiing van hoërskool het hy sy verpligte nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag verrig, wat hy in 1971 voltooi het.

Na 'n verskeidenheid van verskillende werke en 'n kursus in fotografie by die Port Elizabeth Tegniese Kollege van 1973 tot 1975, het Roberts in 1976 by Rhodes-universiteit ingeskryf vir 'n Baccalaureus Artium-graad met spraak, drama en sosiale antropologie as hoofvak.

Loopbaan

Roberts het die hoofrol in Afrikaanse televisiereekse soos Sloet Steenkamp in Arende en Jack Degenaar in Arsenaal gespeel. Hy het ook 'n aantal draaiboeke, soos Honeytown 1 en die musiekblyspele Palang van Dwaal geskryf.

Roberts het 'n Suid-Afrikaanse ikoon geword toe hy die karakter van Boet in 'n langlopende reeks televisie-advertensies vir Castrol-motorolie vertolk het.[1]:4  Hierdie karakter (saam met die ander karakters Swaer en Moegoe) was ook in M te sien. -Net se komediereeks Kalahari Oasis asook in sy Radio Kalahari Orkes-orkes.[1]:4

In die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse rolprent, Tsotsi,[1]:4 het Roberts die rol van 'n polisiekaptein vertolk.

Hy was getroud met die Suid-Afrikaanse aktrise Michelle Botes, maar die egpaar is in 1999 geskei. Hulle het twee kinders gehad.

Hy is ook 'n aantal jare al betrokke as leier van die Radio Kalahari Orkes, wat landswyd toer.

Filmografie

Nie-volledige lys van Roberts se filmoptredes:

JaarTitelRolAnder notas
1983Verspeelde lenteHermaans CronjéTV-reeks
1985Boetie op manoeuvreskorp. WhiteAfrikaanse rolprent
1985Nag van VreesSteveAfrikaanse rolprent
1987Jane and the Lost CityCarl
1989A Private LifeSersant SmitTelevisiefilm
1992The Power of OneHoppie Gruenewald
1993Triptiek-Televisiereeks
1993Daisy de MelkerSid de MelkerTelevisiefilm
1995Cry, the Beloved CountryEvans
1996RhodesColenbranderTelevisie minireeks
1997Mandela and De KlerkKobie CoetseeTelevisiefilm
1998PaljasFransAfrikaanse rolprent
1998Tarzan and the Lost CityCaptain Dooley
1998SweepersYager
1999A Reasonable ManChris Van Rooyen
2000I Dreamed of AfricaMike Donovan
2001MalundeKobus
2001AskariRipshaw
2002Promised LandGerhard Snyman
2003Hoodlum & SonEarl
2004King Solomon's MinesSir HenryTelevisiefilm
2004Red DustPiet Muller
2005Wah-WahJohn Traherne
2005TsotsiKaptein Smit
20053 NeedlesHallyday
2006Number 10Marius Kramer
2008BakgatAfrikaanse rolprent
2013Musiek vir die AgtergrondAfrikaanse rolprent
2013BabalasAfrikaanse rolprent

Eksterne skakels