Jaipur

Jaipur (Hindi: जयपुर) is die hoofstad en grootste stad van die Indiese deelstaat Rajasthan. Die stad is in die noorde van Indië geleë en is 'n belangrike ekonomiese sentrum. Jaipur het 'n bevolking van 3 210 570 in 2009 gehad en is die tiende grootse stad van Indië. Die historiese binnestad van Jaipur is in 2019 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Jaipur
जयपुर

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Indië Indië
 DeelstaatRajasthan
 Koördinate26°56′N 75°49′O / 26.933°N 75.817°O / 26.933; 75.817
 Gestig op17 November 1727
 Oppervlakte: 
 - Totaal200,4 vk km
 Hoogte bo seevlak431 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2009)3 210 570
 - Bevolkingsdigtheid16 020/vk km
 - Metropolitaanse gebied
 TydsoneUTC +5:30
 BurgemeesterJyoti Khandelwal
 Amptelike webwerfjaipurmc.org
Jaipur in 1875

Sport

Jaipur beskik met die Sawai Mansingh-stadion oor 'n toetskrieketstadion. In die stad speel die Indiese nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. Op die Sawai Mansingh-stadion is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996, asook die Kampioenetrofee 2006, aangebied.

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jaipur.
  • (en) Toerisme-inligting oor Jaipur op Wikivoyage
  • (en) (hi) Amptelike webwerf
  • (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
  • (en) "Jaipur". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 Desember 2021.