Jean-Efflam Bavouzet

Jean-Efflam Bavouzet (gebore op 17 Oktober 1962) is 'n Franse klassieke pianis.

Jean-Efflam Bavouzet

Opvoeding

Bavouzet was in Lannion, Frankryk gebore en het in Metz grootgeword. Hy het aldaar met sy musikale studies begin, en persone soos Iannis Xenakis, Olivier Messiaen, Karlheinz Stockhausen en Pierre Boulez teëgekom. Hy het oorgegaan na die Conservatoire de Paris en daar onder o.a. Pierre Sancan studeer. Hy het privaat lesse gehad met Georg Solti, en in Junie 1997 is hy versoek om Béla Bartók se Klavierconcerto No. 3 onder Solti te speel, wat die Orchestre de Paris in 1998 sou dirigeer. As gevolg van Solti se afsterwe in September 1997 het hulle egter nooit in die openbaar saam opgetree nie.[1]

Bavouzet het in 1986 tydens die Beethoven Internasionale Klavierkompetisie in Cologne eersteprys gewen.[2]

Opnames

Bavouzet is 'n opname-kunstenaar vir die Chandos plate-etiket. Sy opnames het reeds verskeie Gramophone Toekennings verower. (2014, Prokofiëf klavierconcertos; 2011, werke vir klavier en orkes deur Debussy en Ravel; 2009, Debussy Volledige Solo Klaviermusiek, vol. 4), en verskeie ander pryse, insluitende die BBC Music Magazine se BBC Music Magazine Award, die Choc de la Musique en die Diapason d'Or.[3]

Sy platelys sluit in:[4]

Verwysings

Eksterne skakels