Jiří Bělohlávek

Jiří Bělohlávek (* 24 Februarie 1946 – † 31 Mei 2017)[1] was 'n Tsjeggiese dirigent. Hy was 'n leidende interpreteerder van Tsjeggiese klassieke musiek en het in 1990 hoofdirigent van die Tsjeggiese Filharmoniese Orkes geword; in welke hoedanigheid hy tydens twee verskillende geleenthede met 'n gekombineerde tydperk van sewe jare (1990-92, 2012-17) sou dien. Hy het ook vir vir ses jaar as die hoofdirigent van die BBC Simfonieorkes gedien (van 2006 tot 2012).[2] Hy het internasionale roem en bekendheid verwerf vir sy uitvoerings van werke van Tsjeggiese komponiste soos Antonín Dvořák en Bohuslav Martinů, en was as "die mees diepliggende proponent van Tsjeggiese orkestrale musiek" deur die Tsjeggiese musiekspesialis, Professor Michael Beckerman beskryf.[3]

Jiří Bělohlávek
Bělohlávek in 2013
Gebore24 Februarie 1946
Sterf31 Mei 2017 (op 71) (aged 71)
BeroepDirigent

Vroeë loopbaan

Bělohlávek was in Praag gebore.[4] Sy vader was 'n advokaat en regter.[5] Hy het tydens sy jeug tjello saam met Miloš Sádlo gestudeer[6] en later van die Praagse Konservatoria en die Akademie van Uitvoerende Kunste in Praag gegradueer.[3] Nadat hy graad gevang het het hy vir twee jaar dirigeerstudies saam met Sergiu Celibidache gehad.[7]

Internasionale loopbaan

Bělohlávek was van 1995 tot 2000 hoofgasdirigent van die BBC Simfonieorkes. Hy is in Februarie 2005 as die simfonieorkes se twaalfde hoofdirigent aangewys, met ingang Julie 2006, met 'n aanvanklike kontrak van drie jaar.[8][9] Bělohlávek was die eerste eertydse BBC SO prinsipiële gas-dirigent om as hoofdirigent van die BBC SO aangewys te word.[10] Sy tyd aan die hoof van die BBC SO het met die First Night van die 2006 Proms begin.[11] Hy het die eerste keer in 2007 die Last Night of the Proms gedirigeer,[12] en so die eerste dirigent, wie se moedertaal nie Engels was nie, geword om die Last Night of the Proms te dirigeer.[10] In September 2007 is Bělohlávek se kontrak met die BBC SO na 2012 verleng.[13][14] Bělohlávek het weer in 2010 die Last Night of the Proms gedirigeer[15] asook in 2012.[16] Hy het sy tyd as die BBC SO se hoofdirigent in 2012 afgesluit en die titel van dirigent-laureaat by die BBC SO aangeneem.[17] In April 2012 was die eretoewysing van Brittanje aan Bělohlávek toegeken vir sy "dienste aan musiek".[18] Hy het voortgegaan om tot die maand voor sy dood as dirigent-laureaat by die BBC SO op te tree, met sy finale BBC SO uitvoering van Dvořák se Requiem.[19][2]

Bělohlávek het wat die opera-repertoire betref, Jenůfa, Tristan und Isolde asook Rusalka tydens die Glyndebourne-fees gedirigeer.[20] Hy het op 17 Desember 2004 sy buiging by die Metropolitan Opera (Met) in New York Stad gemaak met die dirigeer van Káťa Kabanová, met Karita Mattila in the titelrol.[21] Hy het in Januarie en Februarie 2007 teruggekeer na die Met vir Jenůfa, en weer in Februarie en Maart 2009 vir Eugene Onegin (opera) en Rusalka.

Bělohlávek het die eerste keer in 1994 as gasdirigent van die Rotterdam Filharmoniese Orkes (RFO) verskyn. In April 2012 het die RFO die aanstelling van Bělohlávek as die orkes se volgende hoofgasdirigent aangekondig, met ingang van die 2012–2013 seisoen.[22] Hy het tot en met sy afsterwe die pos behou.

Bělohlávek het opnames vir die Supraphon,[23] Chandos, Harmonia Mundi,[24] Warner Classics,[25], Decca en Deutsche Grammophon plate-etikette gemaak.

Sy uitvoerings van die musiek van Dvořák is in video formaat op verskeie DVD's uitgereik. Sy 1993 uitvoering saam met die Praagse Simfonieorkes is beskikbaar op twee Arthaus DVDs bestaande uit Simfonie No. 7, Slawiese Danse Op. 72, Romans vir Viool en Orkes en die Vioolconcerto (beide met Ivan Ženatý), 5 Bybelse liedere, en die Te Deum wat deur die Praagse Simfoniese Koor gesing word. Sy 2014 uitvoering van al nege van Dvořák se Simfoniee saam met die Tsjeggiese Filharmonies Orkes was deur die orkes op DVD vrygestel en sluit onderhoude met hom elke oor elke simfonie in.

Bělohlávek het in 1971 met Anna Fejérová getrou en die egpaar het twee dogters. Hy is op 31 Mei 2017 op die ouderom van 71 aan kanker oorlede.[26] Hy word oorleef deur sy vrou en twee dogters.

Verwysings

Eksterne skakels

Kulturele poste
Voorafgegaan deur
Jindřich Rohan
Musikale Direkteur, Praagse Simfonieorkes
1977–1990
Opgevolg deur
Petr Altrichter
Voorafgegaan deur
geen
Musikale Direkteur, Praagse Filharmoniese Orkes
1994–2005
Opgevolg deur
Kaspar Zehnder