John Brown (aktivis)

John Brown (1800–1859) was ’n Amerikaanse aktivis wat probeer het om slawerny met geweld te beëindig. Saam met ’n groep aanhangers het hy ’n federale wapenmagasyn by Harper’s Perry in Virginië oorgeneem. Hy is egter gevang en weens hoogverraad gehang.[1]

John Brown
John Brown in 1846
Gebore(1800-05-09)9 Mei 1800
Torrington, Connecticut
Sterf2 Desember 1859 (op 59)
Charles Town, Virginië (nou Wes-Virginië)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroepaktivis
Bekend virPottawatomie-bloedbad, Raid on Harper’s Perry
Kinders20 (11 oorleef tot volwassenheid)
Ouer(s)Owen Brown
Ruth Mills
Handtekening

Lewensloop

John Brown, ca. 1846
John Brown in 1859

Brown is op 9 Mei 1800 in Torrington, Connecticut gebore. Hy was 'n wit man en 'n Christen wat geglo het dat alle mense dieselfde behandel moes word. Baie wit Christene van sy tyd het egter nie met die siening saamgestem nie.[2]

Brown woon hoofsaaklik in Springfield, Massachusetts voordat hy na die Kansas-gebied trek. Die gebied sou later in 1861 die staat Kansas word. Van sy seuns het reeds daar gewoon. Sy seuns wou hê hy moes hulle help om teen die mense van Missouri te veg, omdat Missouri slawerny in Kansas wou wettig.

Op 24 Mei 1856 bring Brown en sy seuns vyf mense in Kansas om die lewe. Hulle het hierdie mense uit hul huise gesleep en met swaarde vermoor. Dit het as die Pottawatomie-bloedbad bekend geword.[3] Baie mense in Kansas was geskok en ontsteld daaroor, en dit het tot meer geweld gelei. Dit was die begin van 'n tyd in die Kansas-gebied wat as Bloeiende Kansas bekend staan.[4]

Voordat hy Kansas verlaat het, is Brown en sy volgelinge op 30 Augustus 1856 tydens die Slag van Osawatomie aangeval.[5] Sy seun Frederick is daar gedood.[6]

Brown se "fort" word deur soldate aangeval.

In 1859 besluit Brown om die wapenmagasyn by Harper’s Perry in Virginië (nou Wes-Virginië) aan te val.[7] Hy wou die wapens aan die slawe uitdeel sodat hulle teen hul meesters kon opstaan om hulself te bevry.[7] In Oktober 1859 val hy, saam met sy seuns en talle swart mense, die magasyn aan. Die aanval het egter misluk en Brown is gevange geneem.

Hy is op 2 Desember 1859 vir hoogverraad teen die staat Virginië gehang.[7]

Talle mense dink dat Brown mal en van lootjie getik was. Ander beskou hom weer as 'n held. Sy aanval op Harpers Ferry het tot die Amerikaanse Burgeroorlog gelei, wat 1861 sou begin.[8]

Verwysings

Eksterne skakels