Kaapse skink

Die Kaapse skink (Trachylepis capensis) is 'n akkedis wat voorkom oor die grootste gedeelte van Suid-Afrika. Dit is 'n vet, middelgroot reptiel met 'n stomp kop. Die lyf is taankleurig, swart en roomkleurig gespikkel, terwyl die pens ietwat gelerig is. Daar is drie ligte strepe van die agterkop tot by die stert.

Kaapse skink
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Scincidae
Genus:
Trachylepis
Spesie:
T. capensis
Binomiale naam
Trachylepis capensis
(Gray, 1831)
Sinonieme

Mabuya capensis

Die akkedis leef in sanderige ooptes, stompe, aalwynstamme en klippe. Hulle vreet kewers, sprinkane en insekte. Hulle natuurlike vyande is valke, sperwers en slange. Die akkedis word 16 tot 20 cm lank.

Fotogalery

Bron

Eksterne skakels