Kalsiumkarbied

chemiese verbinding

Kalsiumkarbied is 'n verbinding van kalsium en koolstof met die chemiese formule CaC2

Eienskappe

Algemeen

NaamKalsiumkarbied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCaC2
Molêre massa64,10 g/mol
CAS-nommer75-20-7[1]  
VoorkomsGrys vaste stof  
Reukknoffelrig[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=387,0pm; c=637,0  
RuimtegroepI4/mmm 
Nommer139  
StrukturberichtC11ₐ
Smeltpunt2300 °C[1]
Kookpunt
Digtheid2,22 [g/cm3] @25 °C[1]
Oplosbaarheidreageer met water[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 
Selfontbrandingspunt390 °C[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Kristalstukture

Kalsiumkarbied se stabiele struktuur onder kameromstandighede is tetragonaal. Dit is die argetipe van die C11a-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Die koolstofatome vorm C2−2-pare en die kalsiumione word deur vier pare omring wat loodreg op die Ca-C-rigting staan en twee wat in die Ca-C-rigting lê.[2]

Daar is ook 'n metastabiele monokliniese fase en 'n laetemperatuurfase wat die monokliniese ThC2-struktuur het (Cg).

Chemiese eienskappe

Kalsiumkarbied kan uit kalsiumoksied en koolstof verkry deur dit sterk te verhit:

Die temperatuur van 1759 °C is 'n eutektikum. Suiwer CaO se smeltteperatuur is hoër: 2572 °C.Hierdie reaksie is 'n ewewig en afvoer van die gevormde koolstofmonoksied is essensieel om meer karbied te verkry.

Karbiedskiet

Die produk is nogtans nie suiwer nie omdat newereaksies plaasvind. Suiwer karbied kan verkry word deur kalsiumsianamied te verhit:

Die suiwer produk is wit.

Kalsiumkarbied reageer met water of met soutsuur en vorm daarby etyn (asetileen).

Die gevormde etyngas kan ontplof wanneer dit meng met die suurstof in die lug. In Nederland en Vlaandere is dit die basis van 'n ouejaarsaktiwiteit wat bekend is as carbidschieten ('karbiedskiet'). 'n Monster karbid word in 'n afsluitbare metale kan of melkblik gedoen, water bygevoeg en die kan afgesluit. Na 'n paar minute word dit afgevuur.

Galery

Verwysings