Khamag-Mongole

Die Khamag-Mongoolse konfederasie (Mongools: Хамаг монгол, "Hele Mongolië") was ’n groot stamkonfederasie (khanlig) in die 12de eeu op die Mongoolse plato. Dit word soms beskou as die voorloperstaat van die Mongoolse Ryk.[1][2]

Хамаг Монголын ханлиг
Khamag-Mongoolse konfederasie
Flag
900's – 1206Flag
Ligging of Khamag-Mongole
Ligging of Khamag-Mongole
Die Mongoolse Ryk omstreeks 1207.
Hoofstadgesentreerde kamp naby Kherlen-rivier
Taal/TaleMiddel-Mongools
GodsdiensTengriisme (Sjamanisme)
RegeringMonargie
Khan
 - 10de eeuKhaidoe
 - 1120–1148Kaboel Khan (1ste aangetekende khan)
 - 1148–1156Ambaghai Khan (2de)
 - 1156–1160Hotula Khan (3de)
 - 1189–1206Genghis Khan (laaste)
WetgewerKhurultai
Historiese tydperkMiddeleeue
 - Stigting900's
 - Ontbinding1206
Kaboel Khan, eerste khan van die Khamag-Mongole.

Geskiedenis

Die eerste khan van die Khamag-Mongole sover bekend was Kaboel Khan van die Bordjigin-familie, ’n oupagrootjie van Temoedjin (Djengis Khan). Kaboel het daarin geslaag om aanvalle deur die Jin-dinastie af te weer.

Die konfederasie het begin verbrokkel ná die dood in 1171 van Kaboel se kleinseun Jesoegei, die pa van Temoedjin. Politieke anargie en ’n magsvakuum het voortgeduur tot in 1189, toe Temoedjin khan geword het. Hy het al die families in 1206 verenig, die titel Djengis Khan aangeneem en die Mongoolse Ryk gestig.

Verwysings