Laozi

Laozi of Lao-Tzu (Chinees: 老子, letterlik "ou meester") was ’n antieke Chinese filosoof en skrywer. Hy is bekend as die vermeende skrywer van die Daodejing,[1] die stigter van filosofiese Taoïsme en ’n Chinese godheid in godsdienstige Taoïsme en tradisionele Chinese godsdienste.

Laozi
'n Klipbeeld van Laozi.
'n Klipbeeld van Laozi.
Chinese naam老子
Betekenis"Ou meester"
Geboortedatum6de tot 5de eeu v.C.
Sterftedatum531 v.C.
BeroepFilosoof, skrywer
TradisieTaoïsme
IdeesWu wei

Hoewel hy ’n legendariese figuur is, word gemeen hy het omstreeks die 6de eeu v.C. geleef en was dus ’n tydgenoot van Confucius, hoewel sommige historici meen hy het in die 5de of 4de eeu v.C. geleef.[2] Hy is ’n sentrale figuur in die Chinese kultuur, en keisers van die Tang-dinastie sowel as moderne mense met die van Li beskou hom as hul stamvader.

As ’n godsdiensfiguur word hy vereer onder die naam "Opperste Ou Heer" (太上老君, Daode Tianzun)[3] en as een van die Drie Reines. Tydens die Tang-dinastie het hy die titel "Opperste Geheimsinnige en Oerkeiser" gekry.[4]

Verwysings

Eksterne skakels