Lockheed Hudson

Amerikaanse bomwerper

Die Lockheed Hudson is 'n Amerikaansvervaardigde ligte bomwerper wat hoofsaaklik deur die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is.

Lockheed Hudson
Lockheed A-29 Hudson
TipeBomwerper, patrollie, transport
VervaardigerLockheed Corporation
Ontwerp deurClarence Johnson
Nooiensvlug10 Desember 1938
Bekendstelling1939
StatusUit diens onttrek
HoofgebruikersBritse Lugmag
Koninklike Kanadese Lugmag
Koninklike Australiese Lugmag
United States Army Air Forces
Vervaardig1938 - 1943
Aantal gebou2 941
Ontwikkel vanLockheed Model 14 Super Electra

In 1938 het die Britse owerhede 'n versoek vir kwotasies uitgestuur; hulle het 'n behoefte gehad vir 'n maritieme patrollievliegtuig met 'n lang togafstand en 'n behoefte vir navigasieopleidingsvliegtuie. Lockheed het hulle 'n militêre weergawe van hul bestaande Lockheed Model 14 Super Electra passasiersvliegtuig aangebied. Die oorspronklike Lockheed Model 10 was 'n tiensitplekpassasiersvliegtuig wat in Februarie 1934 in diens gestel is. Die model is verbeter na die Super Electra wat twaalf passasiers kon vervoer en in Julie 1937 in diens gestel is. In 1938 het Howard Hughes sy om-die-wêreldrekord in 'n Super Electra opgestel.

In Junie 1938 het die Britse Aankoopkommissaris 'n bestelling vir 200 Hudson's geplaas wat teen die einde van Desember 1939 afgelewer moes wees. Later is die bestelling met 50 eenhede verhoog op voorwaarde dat die afleweringsdatum onveranderd bly.

Die Locheed Hudson is 'n monovlerkvliegtuig, ten volle uit metaal gebou en 'n ovaalvormige rompprofiel. Die vlerke is toegerus met Fowler-klappe om sy vermoë oor korter afstande tydens opstyg en landing te verbeter. Die neus is deursigtig vir beter visie vir die bombardier. Die bemanning bestaan gewoonlik uit 'n vlieënier, navigator, bombardier, radio-operateur en skutter. Dit beskik oor 'n bomvrag van 454 kg en is toegerus met tot sewe masjiengewere in die neus en op die rug.

Operasionele geskiedenis

Die Lockheed Hudson se kajuit

Die Hudson I se eerste vlug was op 10 Desember 1938. Aangesien die vliegtuig uit 'n bestaande kommersiële model ontwikkel is, was dit nie nodig om 'n prototipe te bou nie. Daar was ook nie werklik tyd daarvoor nie. Die eerste eenhede is twee maande later aan die Britse Lugmag afgelewer en wel in Liverpool.

Diė vliegtuig is as rooiwarm beskou in vergelyking met die Avro Anson wat dit vervang het. Dit kon klim teen 366 meter per minuut teenoor die Anson se 220 m/min terwyl sy topsnelheid ongeveer 30% vinniger was.

Teen die somer van 1939 is 224 Eskader van Coastal Command eerste met Mk I's voorsien, teen September het 233 Eskader gevolg en daarna 229 Eskader. Net ná die oorlog uitgebreek het, is 206 en 269 Eskader ook met die Hudson toegerus. Die gebruik van die vliegtuig het sy piek bereik toe in totaal 17 eskaders met die Hudson toegerus was.

Op 8 Oktober 1939 het 'n Hudson van 224 Eskader 'n Dornier Do18D vliegboot afgeskiet, die RAF se eerste trefslag van die oorlog. Gedurende die 1940's is die Hudsons toegerus met lug-tot-grond radar vir skepe. Die meeste Hudsons was gebaseer in Aldergrove in Noord-Ierland en vanaf Augustus 1940 het hulle teenduikboot patrollievlugte onderneem. Op 27 Augustus 1941 het 'n Hudson, gebaseer in Ysland, die Duitse duikboot U-570 tot oorgawe gedwing nadat dit beskadig was in aanvalle deur die vliegtuig. U-570 is deur die Britse Vloot op sleeptou geneem, herstel en herdoop tot die HMS Graph. Hudsons het in totaal 25 Duitse duikbote gekelder tydens die oorlog.

Hudsons het ook aan konvensionele aanvalle deelgeneem, 35 vliegtuie het deelgeneem aan die RAF se tweede 1000 bomwerper aanval op Duitsland. Die Hudsons van 161 eskader het deelgeneem aan hoogs geheime missies byvoorbeeld agente, wapens en ander voorrade agter vyandelike linies af te laai of op te tel. Dit het gewoonlik in die nag plaasgevind.

Daar was 2 584 eenhede van die Hudsons gebou. Dit was ook bedryf deur die Koninklike Kanadese Lugmag, Koninklike Australiese Lugmag en die Koninklike Nieu-Seelandse Lugmag in die Middellandse See, Indiese Oseaan, Noord-Atlantiese en Karibiese -gebiede tydens die oorlog. China, Portugal en Brasilië het ook die Lockheed Hudson ingevoer.

Die Amerikaanse Lugmag 490 eenhede (bekend as die A-290) gekoop, die Amerikaanse Vloot 20 eenhede en 300 ander was gebruik as opleidingsvliegtuie (AT-18) in Amerika. Die vloot se PBO-1s het die eerste Duitse U-bote gekelder wat deur die Amerikaanse magte gekelder is en 'n Hudson het die eerste vir die Lugmag gekelder.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Lockheed Hudson Mk I:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorSkroef
VervaardigerWright GR-1820-G-102A stermotors
Kraglewering per motor1,100 perdekrag
Vlerkspan19,96 m
Lengte13,51 m
Hoogte3,61 m
Vlerkoppervlakte51,19 m2
Maks. opstygmassa7 954 kg
Maks. snelheid396 km/h
Operasionele hoogte7 625 m
Togafstand:3 154 km
Klimvermoë3 048 m in 6 minute 18 sekondes
BewapeningTwee 7.7 mm masjiengewere in die neus en nog twee in die rugskiettoring

bomvrag van 635 kg.

Bron