Lockheed Martin F-35 Lightning II

Die Lockheed Martin F-35 Lightning II is 'n familie van enkelsitplek, enkelmotorige, multirol-alleweer sluipvegvliegtuie. Die vyfde generasie vegvliegtuig is ontwerp om grondaanval-, verkennings-, en lugverdedigingsmissies uit te voer. Die F-35 het drie hoofmodelle: die F-35A konvensionele opstyg en landing (CTOL) variant, die F-35B kortopstyg en vertikale-landing (STOVL) variant, en die F-35C vliegdekskip-gebaseerde (CATOBAR) variant.

F-35 Lightning II
'n F-35A van die Amerikaanse Lugmag
TipeMultirol-aanvalsvliegtuig
VervaardigerLockheed Martin (Skunk Works) en ander vennote
Ontwerp deurLockheed Martin
Nooiensvlug15 Desember 2006
StatusIn produksie
HoofgebruikersAmerikaanse Lugmag
Marinierskorps
Amerikaanse Vloot
Vervaardig2006–tans
Aantal gebou665+ teen 1 Julie 2021[1]
ProgramkosteVS$1196,4 miljard (geprojekteer oor 55 jaar)[2]
EenheidskosteF-35A: VS$77,9 miljoen[1]
F-35B: VS$101,3 miljoen[1]
F-35C: VS$94,4 miljoen[1]
Ontwikkel vanLockheed Martin X-35

Die F-35 is afstammelinge van die X-35, wat die wenontwerp was van die "Joint Strike Fighter" (JSF)-program. Dit is ontwerp en word gebou deur 'n lugvaartnywerheidspan gelei deur Lockheed Martin. Ander groot F-35 vennote in die industrie sluit in Northrop Grumman, Pratt & Whitney en BAE Systems. Die F-35 het sy nooiensvlug op 15 Desember 2006 gevlieg. Die Verenigde State van Amerika beplan om 2456 vliegtuie tot 2044 aan te koop. Die F-35 variante is bedoel om die grootste deel van sy bemande taktiese lugslaankrag vir die Amerikaanse Lugmag, Marinierskorps en Vloot te verskaf oor die komende dekades. Aflewerings van die F-35 vir die Amerikaanse militêre takke is geskeduleer om teen 2037 voltooi te wees. Daar word projekteer dat die F-35 se dienslewe tot 2070 sal strek.[3]

F-35 JSF ontwikkeling word hoofsaaklik befonds deur die Verenigde State van Amerika met bykomende befondsing van vennote. Die vennootnasies is NAVO-lede of Amerikaanse bondgenote. Die Verenigde Koninkryk, Italië, Australië, Kanada, Noorweë, Denemarke, Nederland en voorheen Turkye is deel van die aktiewe ontwikkelingsprogram.[4][5] Verskeie ander lande het bestellings geplaas, of oorweeg bestellings, vir die F-35.s

Tegniese besonderhede

ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorPratt & Whitney F135-PW-100
nabrander turbowaaier
Bemanning1 loods
Vlerkspan11 m
Vlerkoppervlak43 m2
Lengte15,7 m
Hoogte4,4 m
Maks. opstygmassa31 751 kg
Leë massa13 290 kg
Maksimumsnelheid:Mach 1,6 (op hoogte)
Reikafstand2 800 km
Diensplafon15 000 m
Gravitasieperk+9.0
Brandstofkapasiteit8 278 kg

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.