Lumix

Lumix is 'n handelsmerk van die Japannese maatskappy Panasonic wat vir sy reeks digitale kameras - van mik-en-druk- tot SLR-kameras - gebruik word. Baie Lumix-kameras word met Leica-lense toegerus wat deur optiese ingenieurs van die bekende Duitse vervaardiger Leica ontwikkel en ontwerp is, maar in Japan vervaardig word, terwyl ander modelle feitlik Leica-kameras sonder die oorspronklike handelsmerk is wat slegs ten opsigte van hul buite-ontwerp van hul Duitse eweknieë verskil.

Lumix

TipeGesamentlike onderneming tussen Panasonic Corporation en Leica Camera AG
Gestig2001
HoofkantoorKadoma, OsakaJapan
IndustrieOptiese bedryf
ProdukteDigitale kameras
WebwerfLumix
Panasonic se Lumix DMC-TZ5 (modeljaar 2008/09) is 'n gesofistikeerde 9 megaspikkel-mik-en-druk-kamera met 'n Leica DC Vario Elmar-28mm-wyehoeklens, 10x optiese zoem en optiese beeldstabiliseerder wat ook HD-beelde en -video's kan afneem
Die onderdele van 'n Lumix-kamera

Die meeste Lumix-kameras gebruik Panasonic se Venus Engine-bewerker vir digitale beeldbewerking.