Malmö

Malmö (Sweeds: [ˈmâlmøː], ; Deens: Malmø, [ˈmælmˌøˀ]) is 'n metropool van die suidwestelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone en die derde grootste stad in die land ná Stockholm en Gotenburg met 'n oppervlakte van 332,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 360 249 (31 Julie 2023). Malmö is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: Malmö kommun) en die provinsie Skåne län.

Malmö

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Swede Swede
 Provinsie Skone
 Distrik Skåne län
 Koördinate55°35′N 13°02′O / 55.583°N 13.033°O / 55.583; 13.033
 Stigting (eerste verwysing)1275
 Oppervlakte: 
 - Totaal332,6 vk km
 - waarvan land156,9 vk km
 Hoogte bo seevlak12 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Julie 2023)360 249
 - Bevolkingsdigtheid4 049/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur9,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie0,8 / 18,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae673,2 mm
 BurgemeesterKatrin Stjernfeldt
Jammeh (S)
 Amptelike webwerfmalmo.se
'n Lugbeeld van Malmö

Malmö is een van die oudste handel- en nywerheidstede van Swede wat danksy die opening van die indrukwekkende Öresundbrug, wat Malmö met die Deense hoofstad Kopenhagen verbind, 'n baie dinamiese groei getoon het. Malmö is tans 'n sentrum van die inligtings- en biotegnologie-bedrywe en die setel van 'n beduidende universiteit. Een van die bekendste argitektoniese bakens van Malmö is die wolkekrabber Turning Torso, wat in 2005 volgens 'n ontwerp van die Spaanse argitek Santiago Calatrava as een van die hoogstes in Europa in die westelike hawebuurt Västra Hamnen ontstaan het. As 'n voormalige nywerheidsbuurt het Västra Hamnen tot 'n moderne kwartier met opspraakwekkende argitektuur ontwikkel.

As die hoofstad van die historiese landskap Skåne pronk Malmö daarnaas met 'n ryk argitektoniese erfenis soos Lilla Torg, die Middeleeuse markplein, die Stortorget-plein met die historiese raadsaal en die multikulturele omgewing van die Möllevångstorget-plein. Malmö was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malmö.
  • (en) Toerisme-inligting oor Malmö op Wikivoyage
  • (sv) Amptelike webwerf
  • (en) "Malmö". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Maart 2024.