Maninka
- Moenie verwar word met Mandinka nie.
Maninka (ߡߊ߬ߣߌ߲߬ߞߊ߬ߞߊ߲, Maninkakan) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 4,6 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Mandinka-volk gepraat, regoor die lande Guinee, Ivoorkus, Liberië, Mali, Senegal en Sierra Leone. Maninka vorm saam met Bambara, Dyula en Mandinka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Maninka met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet.
Maninka ߡߊ߬ߣߌ߲߬ߞߊ߬ߞߊ߲ Maninkakan | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Guinee Ivoorkus Liberië Mali Senegal Sierra Leone | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 4,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Mande Wes-Mande […] Manding Oos-Manding Maninka | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet, N'Ko-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Mali (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Maninka is een van Mali se nasionale tale, naas die amptelike taal Frans.
Verwysings
Eksterne skakels
- (en) "Eastern Maninka (Maninkakan)". Omniglot. Besoek op 30 April 2024.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie