Marquesaseilande

Die Marquesaseilande (Frans: Îles Marquises of Archipel des Marquises; Marquesaans: Te Henua (K)enana (noorde) of Te Fenua `Enata (suide), wat albei "Die Land van die Mens" beteken) is ’n groep vulkaniese eilande in Frans-Polinesië, ’n oorsese kollektief van Frankryk in die suidelike Stille Oseaan. Die hoogste punt is die piek van Berg Oave op die eiland Ua Pu – 1 230 m bo die seevlak.[2]

Marquesaseilande
Inheemse naam: Îles Marquises / Te Fenua ‘Enata / Te Henua Kenana
Vlag
Vlag
Geografie

LiggingStille Oseaan

ArgipelPolinesië
Totale eilande15
HoofeilandeNuku Hiva, Ua Pu, Ua Huka, Hiva Oa, Fatu Hiva

Hoogste puntBerg Oave (Ua Pu) 1 230
Administrasie
Sien teks.
Oorsese kollektiefFrans-Polinesië, Frankryk

HoofstadTai o Hae

Demografie
Bevolking9 264[1]

’n Kaart van die Marquesaseilande.

Volgens navorsing in 2010 is die eilande vinnig in twee vlae gekoloniseer deur inheemse bewoners van Wes-Polinesië. Dit het in ~1025-1120 n.C. begin en gelei tot die ontwikkeling van ’n "merkwaardig eenvormige kultuur, menslike biologie en taal".[3]

In die 21ste eeu vorm die Marquesaseilande een van die vyf administratiewe afdelings van Frans-Polinesië. Die hoofstad is Taiohae op die eiland Nuku Hiva. Volgens die 2012-sensus was daar 9 264 bewoners op die eilande.[1]

Kultuur

Die ryk omgewing van die eilande het 'n groot bevolking onderhou. Die inwoners het veral gelewe van vis, skulpvis en broodvrug.

Verwysings

139°23′20″W / 9.45444°S 139.38889°W / -9.45444; -139.38889