Mars Express

Mars Express is ’n verkenningstuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA). Die planetêre sending was die agentskap se eerste en het ten doel om die planeet Mars te verken. Die naam verwys onder meer na sy relatief kort reistyd: dit is gelanseer op ’n tyd toe die Aarde en Mars se wentelbane die naaste aan mekaar in 60 000 jaar was.

Mars Express

OperateurESA
Soort tuigWenteltuig,
landingstuig
Satelliet vanMars
Gelanseer2 Junie 2003
Begin wentel25 Desember 2003
LanseringsvuurpylSojoes-FG/Fregat
Duur van sendingMinstens tot 2014
Massa1 123 kg
Wentelperiode7,5 uur
WebtuisteESA Mars Express

Die wenteltuig het uit twee dele bestaan: die Mars Express-wenteltuig en die Beagle 2-landingstuig. Hoewel die Beagle 2 se landing misluk het, doen die wenteltuig sedert vroeg 2004 wetenskaplike opmetings en neem hoëresolusiefoto's. Weens die tuig se sukses is die sending al vyf keer verleng, die laaste keer tot 2014.[1][2]

Verwysings