McDonnell F3H Demon

Die McDonnell F3H Demon is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is op vliegdekskepe. Dit is die eerste vliegtuig wat McDonnell ontwerp het met swiepvlerke asook die eerste vegvliegtuig wat slegs met missiele toegerus was en geen masjiengewere gehad het nie.

McDonnell F3H Demon
'n F3H-2N Demon in vlug in 1956
TipeVegvliegtuig
VervaardigerMcDonnell
Ontwerp deurMcDonnell
Nooiensvlug7 Augustus 1951
Bekendstelling7 Maart 1956
Onttrek1964
StatusOnttrek
HoofgebruikerAmerikaanse Vloot
Aantal gebou519

Die Demon is 'n vliegdekskip gebaseerde, supersoniese, alleweerstoestand vegvliegtuig wat ontwerp is met een doel voor oë: om net so goed of beter te wees as enige land gebaseerde vegvliegtuig. Ongelukkig het die eerste J40 motors nie aan die verwagtinge voldoen nie en het die eerste modelle (F3H-1N) onderpresteer. Produksie was ook vertraag deur die vloot se spesifikasie dat dit 'n alleweerstoestand nagvegter model moet wees. Alhoewel die prototipe op 7 Augustus 1951 sy nooiensvlug voltooi het, is die produsie modelle eers in 1956 in diens gestel as die F3H-2N met die Allison J71 motor.

Teen die tyd dat produksie gestaak is in 1959 is 519 vliegtuie gebou. Op een stadium was elf eskaders toegerus met die Demon.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die McDonnell F3H Demon:
ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerAllison J71-A 2E turbostraal met nabrander
Kraglewering per motor6 350 kg stukrag
Vlerkspan10,77 m
Lengte17,96 m
Hoogte4,44 m
Vlerkoppervlakte48,22 m2
Maks. opstygmassa15 377 kg
Maks. snelheid1 041 km/h
Operasionele hoogte13 000 m
Togafstand2 205 km
Klimvermoë3 660 m per minuut
BewapeningVier 20 mm kanonne
en vier AIM-7C Sparrow lug-tot-lug-missiele

Sien ook

Bron