Metanol

chemiese verbinding

Metanol ook bekend as metielalkohol (of vroër as "houtgees"), is 'n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH. Dit is die eenvoudigste alkohol en is 'n ligte, vlugtige, vlambare en giftige vloeistof met 'n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as dié van etanol. By kamertemperatuur is dit 'n polêre vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel, oplosmiddel, brandstof en 'n middel om etanol ondrinkbaar te maak. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses.

Eienskappe

Algemeen

NaamMetanol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCH3OH
Molêre massa32.04 g/mol
CAS-nommer67-56-1  
Voorkomskleurlose vloeistof
Fasegedrag
Smeltpunt176 K (–97 °C)
Kookpunt337.8 K (64.7 °C)
Digtheid0.7918 g/cm³ 
Mengbaarheidwater
Oplosbaarheid 
Viskositeit0.59 mPa·s teen 20 °C 
Henry se konstante2,04(12) x 10+2 [L/mol.atm] 5400 [K][1]

Suur-basis eienskappe

pKa~ +15.5 (H+ van -OH groep)

Veiligheid

Flitspunt11 °C[2] 
Selfontbrandingspunt464 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Vervaardiging

Die vervaardiging van metanol vereis ‘n katalisator. Van die katalisators is CuO/ZnO/Cr2O3, CuO/ZnO/Al2O3 en CuO/ZnO. Die temperatuur is gewoonlik tussen 200-350 °C en die druk tussen 40 – 250 Atm. Die chemie van die vervaardiging van metanol kan eenvoudig geskryf word as ‘n hidorgenasie van koolstofmonoksied:

Maar hierdie eenvoud is bedrieglik. Daar word in die chemiese nywerheid altyd ook CO₂ bygevoeg en oor die rol daarvan is geen ooreenstemming onder navorsers nie. Daar is vier belangrike reaksies:

CO₂- hidrogenasie
– watergasreaksie
– CO – hidrogenasie
– Boudouard-reaksie

Daar is wetenskaplikes wat dink dat net die CO₂- hidrogenasie tot metanol lei, maar daar is geen ooreenstemming daaroor nie. Die Boudouard-reaksie kan die katalisator vervuil, of -indien dit in die omgekeerde rigting verloop- skoonhou.[3]


Sien ook

Verwysings