Minority Front

Die Minority Front is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die eerste leier was Amichand Rajbansi tot by sy dood op 29 Desember 2011. Alhoewel die party voorhou om minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verteenwoordig kom steun vir die party hoofsaaklik uit die Indiërgemeenskap in Suid-Afrika. Die party se grootste steunbasis is in KwaZulu-Natal, veral in Durban wat die kulturele en demografiese sentrum van Suid-Afrika se Indiërgemeenskap is.

Minority Front
MF
Logo van die betrokke party.

LeierShameen Thakur-Rajbansi
GestigNovember 1993
HoofkwartierChatsworth, KwaZulu-Natal
Internasionale affiliasieGeen
Amptelike kleureRooi, blou
Webbladwww.mf.org.za

Die party is in November 1993 gestig as opvolger van die National People's Party wat in die destydse Driekamerparlement gedien het. Hulle behaal 0,07% van die stemme tydens die eerste volledig demokratiese parlementsverkiesing van April 1994. Tydens die verkiesing van 1999 bekom hulle hul eerste parlementêre setel.

Na Rajbansi se dood is sy weduwee, Shameen Thakur-Rajbansi in Januarie 2012 as leier aangewys.[1] Dit gee aanleiding tot 'n familie- en leierskap-twis. Rajbansi se seun (Vimal) en sy eerste vrou (Asha Devi Rajbansi) vra haar om as leier te bedank. Roy Bhoola word daarna tydens 'n wegbreek-konferensie as leier aangewys, maar dit hou nie lank water nie.[2][3]

Verkiesingsresultate

Nasionale verkiesings

VerkiesingStemme%Setels
2019 11,961 0.07 0
2014 22,589 0.25 0
2009 43,474 0.25 1
2004 55,267 0.35 2
1999 48,277 0.30 1
199413,4330.070

Munisipale verkiesings

VerkiesingStemme%
2016 13,407 0.03%
2011 113,195 0.4%
200684,785 0.3%
20000.3%

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakel