Mitsubishi F-2

Japanese vegvliegtuig

Die Mitsubishi F-2 is 'n Japannese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die General Dynamics F-16 Fighting Falcon. Die prototipe het sy nooiensvlug op 7 Oktober 1995 onderneem. Daarna is die produksie-eenhede sedert 2000 aan die Japan Air Self-Defence Force verskaf. Hulle het 130 vliegtuie bestel om die JASDF se Mitsubishi F-1 te vervang. Die program het egter tegniese probleme ondervind en elke vliegtuig het vier keer soveel as 'n F-16 gekos.

Mitsubishi F-2
Mitsubishi F-2B
TipeMultirol vegvliegtuig
VervaardigerMitsubishi Heavy Industries / Lockheed Martin
Nooiensvlug7 Oktober 1995
Bekendstelling2000
StatusIn gebruik
HoofgebruikerJapanese Lugmag
Vervaardig1995–2011
Aantal gebou94+4 prototipes
Ontwikkel vanF-16 Fighting Falcon

Die Japannese FS-X projek se oorspronklike doelwit was om 'n suiwer Japannese produk te ontwikkel maar in 1987, as gevolg van politieke druk deur die Verenigde State, is die F-16 gekies as die basis van die nuwe vliegtuig. Die F-2 is 25 persent groter as die F-16 en toegerus met 'n Japanneesvervaardigde radar in die neus. Die romp is ook langer as die F-16 s'n terwyl dit ook Japannese elektroniesepuls-beheertegnologie gebruik, die VSA wou nie hulle s'n vryelik beskikbaar stel nie.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Mitsubishi F-2:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerGeneral Electric F110-GE-129 turbowaaier met nabrander
Kraglewering per motor13 444 kg stukrag
Vlerkspan11,13 m
Lengte15,52 m
Hoogte4,96 m
Vlerkoppervlakte34,8 m2
Maks. opstygmassa22 100 kg
Maks. snelheidMach 2
Operasionele hoogte15 250 m
Togafstand830 km
KlimvermoëOnbekend
BewapeningEen 20 mm kanon
Sidewinder/Mitsubishi lug-tot-lug missiele
op vlerkpunte asook punte vir ander missiele

Sien ook

Bron