Moskwa

Die Moskwa-rivier (Russies: Москва-река; Moskwa-reka) is ’n sytak van die Oka-rivier wat deur Moskou- en Smolensk-oblast in Rusland vloei.

Москва
Die Moskwa-rivier in Moskou.
Die Moskwa-rivier in Moskou.
Die Moskwa-rivier in Moskou.

Die stroomgebied van die Moskwa-rivier.

OorsprongSmolenske Hoogte (Rusland)
Mondingnaby Kolomna in die Oka
StroomgebiedRusland
Lengte502 km (312 myl)
Oorspronghoogte1 465 m (4 806 voet)
Mondinghoogte125 m (410 voet)
Gemiddelde afloop150 m³/s (5 288 ft³/s)
Stroomgebiedopp.17 600 km² (45 635 myl²)

Etimologie

Moskwa en Moskou is twee verskillende weergawes in Afrikaans van die Russiese naam Москва. Die stad is na die rivier genoem. Die oorsprong van die rivier se naam is onseker.

Stede

Moskou, die hoofstad van Rusland, is op die rivier se oewers geleë. Die rivier vloei ook deur die dorpe Mozjaisk, Zwenigorod, Zjoekofski, Bronnitsi, Woskresensk en, by die samevloei van die Moskwa en die Oka, Kolomna. In 2007 was daar 49 brûe oor die Moskwa en sy kanale binne die stadsgrense van Moskou. Die Groot Klipbrug is in 1692 gebou.

Die kanale vorm verskeie eilande. Sommige het Russiese name, ander geen. Die grootste permanente eilande (van oos tot wes) is:

  • Serebrjani Bor
  • Tatarskaja Poima, algemeen bekend as Mnewniki
  • Baltsjoeg, ook bekend as Bolotni Ostrof
  • Verskeie onbewoonde eilande

Galery

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Moskva River