Nasionale Biblioteek van Korea

(Aangestuur vanaf National Library of Korea)

Die Nasionale Biblioteek van Korea (Koreaans: 국립중앙도서관) is in 1945 gestig en is in Seoel, Suid-Korea, geleë.[1] Dit bevat 10 miljoen volumes, insluitende meer as 1 134 000 buitelandse boeke en sommige van die nasionale skatte van Suid-Korea.

Doelstelling

Die Nasionale Biblioteek van Korea se hoofdoel is om "by te dra tot die ontwikkeling van die nasionale kennis deur die omvattende versameling van binne- en buitelandse kennis, die veilige bewaring en die vinnige verskaffing van inligting om Korea se intellektuele en kulturele erfenis te bewaar en die vlak van kennis/inligting van Koreane te verhoog".[1]

Die Nasionale Biblioteek van Korea verseker dat die nasionale kennis wat deur hulle versamel word deur hulle bewaar en met die wêreld gedeel word.

Verwysings

Eksterne skakels