Nguyễn Phú Trọng

Nguyễn Phú Trọng (gebore 14 April 1944 in Hanoi) is 'n Viëtnamese politikus wat sedert 2011 as die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Viëtnam dien. Trọng is Viëtnam se mees senior leier aangesien hy hoof van die party se sekretariaat, Politiburo en die Sentrale Militêre Kommissie is.[1] Hy was tussen 2018 en 2021 die president van Viëtnam.

Nguyễn Phú Trọng
Nguyễn Phú Trọng

Algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Viëtnam
Ampsbekleër
Termynaanvang
19 Januarie 2011
Voorafgegaan deurNông Đức Mạnh

Sekretaris van die Sentrale Militêre Kommissie van die Kommunistiese Party
Ampsbekleër
Termynaanvang
19 Januarie 2011
VisePhùng Quang Thanh
Ngô Xuân Lịch
Phan Văn Giang
Voorafgegaan deurNông Đức Mạnh

10de President van Viëtnam
Ampstermyn
23 Oktober 2018 – 5 April 2021
ViseĐặng Thị Ngọc Thịnh
Eerste ministerNguyễn Xuân Phúc
Voorafgegaan deurTrần Đại Quang
Đặng Thị Ngọc Thịnh (waarnemend)
Opgevolg deurNguyễn Xuân Phúc

Voorsitter van die Nasionale Vergadering van Viëtnam
Ampstermyn
26 Junie 2006 – 23 Julie 2011
Voorafgegaan deurNguyễn Văn An
Opgevolg deurNguyễn Sinh Hùng

Sekretaris van die Hanoi-partykomitee
Ampstermyn
Januarie 2000 – 26 Junie 2006
Voorafgegaan deurLê Xuân Tùng
Opgevolg deurPhạm Quang Nghị

Persoonlike besonderhede
Gebore14 April 1944 (1944-04-14) (80 jaar oud)
Hanoi, Tonkin, Frans-Indosjina (tans Viëtnam)
Politieke partyKPV
Eggenoot/-noteNgô Thị Mân
Kind(ers)2
Alma materUniversiteit van Hanoi
Nasionale Akademie vir Publieke Administrasie
Russiese Akademie van Wetenskappe

Biografie

Nguyễn Phú Trọng is in 1944 in die Dong Hoi-kommune, Dong Anh-distrik van Hanoi, gebore. Sy amptelike biografie gee sy familie-agtergrond slegs as "gemiddelde boer".[2] Hy het tussen 1963 en 1967 filologie aan Viëtnamese Nasionale Universiteit in Hanoi gestudeer. In Desember 1968 het hy amptelik 'n lid van die Kommunistiese Party van Viëtnam geword.

Hy het tussen 1968–1973, 1976–1981 en 1983–1996 vir die Tạp chí Cộng Sản (Kommunistiese Oorsig), die teoretiese en politieke agentskap van die Kommunistiese Party van Viëtnam (voorheen die Arbeidersparty), gewerk. Nguyễn Phú Trọng het van 1973 tot 1976 'n politiek-ekonomiese nagraadse kursus aan die Hoëvlak Nguyễn Ái Quốc Party Skool (nou die Hồ Chí Minh Nasionale Akademie vir Politiek en Publieke Administrasie) studeer. Hy het tussen 1991 en 1996 as die hoofredakteur van die Tạp chí Cộng Sản gedien.[3]

Nguyễn Phú Trọng het in 1981 na die Sowjetunie gegaan om aan die Akademie van Wetenskappe te studeer en het in 1983 'n Kandidaat van Wetenskappe-graad (die Sowjetunie se ekwivalent van 'n doktorsgraad) in geskiedenis ontvang.[4] In 1998 het Nguyễn Phú Trọng die party-afdeling betree wat aan politieke werk gewy is, wat hom een van die mees prominente Viëtnamese politieke teoretici gemaak het. Hy was later tussen 2001 en 2006 hoof van die party Sentrale Komitee se Teoretiese Raad.[5]

Nguyễn Phú Trọng is sedert Januarie 1994 lid van die party se Sentrale Komitee. Hy het in 1997 lid van die party se Politburo geword. Hy dien ook sedert 2002 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Viëtnam.[5] Nguyễn Phú Trọng was vanaf Januarie 2000 tot Junie 2006 die sekretaris van die party se Uitvoerende Komitee in Hanoi wat hom die de facto hoof van die stadsowerheid gemaak het. Hy is op 23 Junie 2006 as voorsitter van die Nasionale Vergadering verkies.[6] Hy het die amp tot 2011 beklee. Op 23 Oktober 2018 is hy as die 10de president van die Sosialistiese Republiek van Viëtnam verkies na Trần Đại Quang se skielike afsterwe.[7]

Algemene sekretaris van die KPV

Eerste termyn (2011–2016)

Nguyễn Phú Trọng is in 2011 by die 11de Nasionale Kongres as die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van Viëtnam verkies, wat hom die topleier van Viëtnam gemaak het.[8][9][10][11] Die 5de plenum van die 11de Sentrale Komitee het Nguyễn Phú Trọng as hoof van die Sentrale Bestuurskomitee vir Anti-Korrupsie verkies.[12][13]

Tweede termyn (2016–2021)

Op 27 Januarie 2016 is Nguyễn Phú Trọng deur die 1ste voltallige sitting van die 12de Sentrale Komitee as algemene sekretaris van die KPV herverkies. Op 72 jaar oud was hy die 12de Komitee se oudste lid.[14]

Tydens sy tweede termyn het Trọng 'n groot veldtog teen korrupsie van stapel gestuur. Die Politburo het tussen 2017 en 2020 dissiplinêre stappe teen 110 senior partylede, insluitend drie Politburo-lede, een voormalige Politburo-lid, 10 Sentrale Komiteelede en 17 voormalige Sentrale Komiteelede. Van die dissiplinêre aksies het kriminele aanklagte behels.[15]

Na die skielike dood van president Trần Đại Quang, het die Sentrale Komitee van die KPV vir Nguyễn Phú Trọng vir die presidentskap op 3 Oktober 2018 genomineer. Op 23 Oktober 2018 het die Nasionale Vergadering hom tot die amp verkies. Dit het Trọng die derde persoon ná Hồ Chí Minh (slegs in Noord-Viëtnam) en Trường Chinh gemaak om gelyktydig hoof van die kommunistiese party en die staat te wees.[16]

Derde termyn (2021–hede)

Op 31 Januarie 2021 is Nguyễn Phú Trọng deur die 1ste Voltallige Sitting van die 13de Sentrale Komitee as algemene sekretaris herverkies. Hy is die eerste leier sedert Lê Duẩn (1969-1986) om meer as twee termyne te dien.[17]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.