Nomadland (rolprent)

2020 film deur Chloé Zhao

Nomadland is 'n Amerikaanse dramafilm uit 2020 wat geskryf en geregisseur is deur Chloé Zhao. Die film is geïnspireer deur die gelyknamige nie-fiksieboek van die skryfster Jessica Bruder. Die hoofrolle word vertolk deur Frances McDormand en David Strathairn.

Nomadland
RegisseurChloé Zhao
VervaardigerFrances McDormand
Peter Spears
Mollye Asher
Dan Janvey
Chloé Zhao
Musiek deurLudovico Einaudi
KinematografieJoshua James Richards
VerspreiderSearchlight Pictures
LandVerenigde State
TaalEngels

Nomadland is tydens die Venesiaanse Rolprentfees van 2020 bekroon met die Goue Leeu, die prys vir die beste film.[1]

Verhaal

Wanneer 'n middeljarige vrou deur die finansiële krisis van 2007–2008 (Groot Resessie) haar loopbaan en besittings verloor, besluit sy om soos 'n hedendaagse nomade met 'n minibus deur die Westelike Verenigde State te reis.

Rolverdeling

  • Frances McDormand as Fern
  • David Strathairn as Dave
  • Linda May as Linda May
  • Charlene Swankie as Swankie
  • Bob Wells as Homself
  • Derek Endres as Derek
  • Peter Spears as Peter
  • Tay Strathairn as James

Vervaardiging

In 2017 het die skryfster Jessica Bruder die boek getiteld Nomadland: Surviving America in the Twenty-First Century vrygestel. Dit is nie-fiksie werk wat die uitwerking van die kredietkrisis van 2007-2008 op Amerikaanse werkers beskryf, en hoe hulle daardeur gedwing is om as hedendaagse nomade en werksoekers rond te swerf. Die regte op die boek is in 2017 aan die aktrise Frances McDormand en die vervaardiger Peter Spears verkoop. [2]

Chloé Zhao is in 2018 aangestel om 'n draaiboek te skryf en die filmprojek te regisseur. McDormand het Zhao gehuur nadat sy haar film The Rider uit 2017 gesien het. [3] In Februarie 2019 is aangekondig dat Searchlight Pictures die projek sou versprei en dat David Strathairn 'n rol sou vertolk. [4] Soos in die eerste twee films van Zhao, is die res van die rolverdeling aangevul deur nie-professionele akteurs. [2] [4] Die skiet van die film het vier maande geduur en in sewe deelstate plaasgevind. Die verfilming is gedoen in o.a. die Black Rock-woestyn in Nevada, die badlands van Suid-Dakota, en die beetlande van Nebraska. [3]

Vrystelling

Die rolprent het op 11 September 2020 sy buiging gemaak tydens die Venesiaanse Rolprentfees en Internasionale Rolprentfees van Toronto (TIFF).[5] Op 4 Desember 2020 is die rolprent in 'n geselekteerde aantal Amerikaanse bioskope gewys.[6] In Europa sal die rolprent op 30 April 2021 vrygestel word via die stromingsdiens Disney+.[7]

Pryse en benoemings

JaarPrys / FeesKategorieGenomineerde(s)Uitslag
20202020 Venesiaanse RolprentfeesGoue LeeuChloé ZhaoGewen
2020 Internasionale Toronto RolprentfeesPublieksprysChloé ZhaoGewen
2021National Board of ReviewTop 10 films van die jaarGewen
Beste kamerawerkJoshua James RichardsGewen
78ste Golden Globe-toekenningsBeste dramafilmGewen
Beste regieChloé ZhaoGewen
Beste aktrise (drama)Frances McDormandBenoem
Beste scenarioChloé ZhaoBenoem
Critics' Choice AwardsCritics' Choice Award vir beste filmGewen
Beste regieChloé ZhaoGewen
Beste aktriseFrances McDormandBenoem
Beste bewerkte scenarioChloé ZhaoGewen
Beste kamerawerkJoshua James RichardsGewen
Beste montageChloé ZhaoBenoem
BAFTA-toekennings[8]Beste filmGewen
Beste regieChloé ZhaoGewen
Beste aktriseFrances McDormandGewen
Beste bewerkte scenarioChloé ZhaoBenoem
Beste kamerawerkJoshua James RichardsGewen
Beste montageChloé ZhaoBenoem
Beste klankChloé ZhaoBenoem
Academy AwardsBeste filmUitreiking op
25 April 2021
Oscar vir beste regisseurChloé Zhao
Oscar vir beste aktriseFrances McDormand
Oscar vir beste bewerkte scenarioChloé Zhao
Oscar vir beste kamerawerkJoshua James Richards
Oscar vir beste montageChloé Zhao

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.