OB-assosiasie

’n OB-assosiasie is ’n soort sterassosiasie, wat ’n baie los sterreswerm is waarvan die sterre ’n gemene oorsprong het maar van mekaar verwyder geraak het; hulle beweeg egter steeds saam deur die ruimte. Assosiasies word gewoonlik geïdentifiseer deur hul gesamantlike beweging en chemiese samestelling.

Carina OB1, ’n groot OB-assosiasie.

Jong sterassosiasies bevat 10 tot 100 swaar sterre van Klas O en Klas B, en is bekend as "OB-assosiasies". Sulke assosiasies bevat ook honderde of duisende sterre van gemiddelde massa. Lede van ’n sterassosiasie vorm vermoedelik in ’n klein streek van ’n reuse- molekulêre wolk. Sodra die omringende stof en gas weggeblaas is, begin die oorblywende sterre uiteendryf.[1] Daar word vermoed die meeste sterre in die Melkweg het in OB-assosiasies gevorm.[1]

O-sterre bestaan nie lank nie en sal binne sowat ’n miljoen jaar as ’n supernova ontplof. OB-assosiasies is dus gewoonlik nie ouer as ’n paar miljoen jaar nie, in teenstelling met die Son wat al sowat 4,5 miljard jaar oud is.

Die naaste OB-assosiasie aan die Aarde is die Scorpius-Centaurus-assosiasie, sowat 400 ligjare weg.[2] OB-assosiasies is ook al ontdek in die Groot Magellaanse Wolk en die Andromeda-sterrestelsel. Hulle kan baie seldsaam wees en is gemiddeld sowat 1 500 ligjare in deursnee.[3]

Verwysings

Eksterne skakels