Oxford University Press

Oxford University Press (afkorting OUP) is die grootste universiteitsuitgewer ter wêreld.[1] Dit beslaan 'n departement van die Oxford-universiteit en word bestuur deur 'n groep van 15 akademici, bekend as die "Delegates of the Press", wat deur die visekanselier aangewys word. Hul hoof is die "Secretary to the Delegates", wat waarneem as OUP se uitvoerende bestuurder en hul hoofverteenwoordiger is op ander universiteitsliggame. Oxford-universiteit het reeds vanaf die 17de eeu 'n soortgelyke stelsel in gebruik vir oorsig oor die drukkery.[2]

Nota