Pêrelrivier

Die Pêrelrivier (Chinees: 珠江, Zhū Jiāng [ʈʂú tɕjɑ́ŋ], Engels: Pearl River, Portugees: Rio das Pérolas) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die suidooste van die Volksrepubliek China. Die rivier, met 'n lengte van 2 400 km, mond tussen Hongkong in die ooste en Macau in die weste in die Suid-Chinese See uit. Sommige van sy bronriviere ontspring ook in Viëtnam.

Pêrelrivier
Die Pêrelrivier in Kwangtsjou.
Die Pêrelrivier in Kwangtsjou.
Die Pêrelrivier in Kwangtsjou.

Die stroomgebied van die Pêrelrivier.

Oorsprongverskillende bronne van sy sytakke
Mondingtussen Hongkong en Macau in die Suid-Chinese See
StroomgebiedYunnan, Guizhou, Guangxi, Kwangdong, Hongkong en Macau (Volksrepubliek China)
Lengte2 400 km (1 491 myl)[1]
Mondinghoogte0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop9 500 m³/s (335 489 ft³/s)[2]
Stroomgebiedopp.453 700 km² (175 175 myl²)[3]
Kaart van die Pêrelrivier-bekken in China.
Kaart van die Pêrelrivier-bekken in China.
Die Pêrelrivier se monding soos vanaf Zhuhai gesien
Die Pêrelrivierdelta tussen Hongkong en Macau

Die Pêrelrivier vloei deur een van die belangrikste ekonomiese streke van China met groot stede soos Guilin, Dongguan, Fosjan, Sjenzhen, Kwangtsjou, Zhuhai, Hongkong en Macau. Die rivier mond in die uitgestrekte Pêrelrivierdelta uit, waar drie riviere bymekaar kom: die Noord-rivier (北江 Běijiāng; Bei Jiang), die Oos-rivier (东江 Dōngjiāng; Dong Jiang) en die Wes-rivier (西江 Xījiāng; Xi Jiang).

Verwysings