Paddavissterrestelsel

sterrestelsel

Die Paddavissterrestelsel is ’n ontwrigte spiraalsterrestelsel sowat 400 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak. Sy mees dramatiese kermerke is ’n stert van sterre sowat 280 000 ligjare lank en massiewe helderblou sterreswerms.

Paddavissterrestelsel
Die Paddavissterrestelsel soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Die Paddavissterrestelsel soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort stelselOntwrigte sterrestelsel
SterrebeeldDraak
TipeSB(s)c pec[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming16h 06m 03.9s[1]
Deklinasie+55° 25′ 32″[1]
Skynmagnitude14,4[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar)400 miljoen
Skynbare grootte 3′,6 × 0′,8[1]
Rooiverskuiwing 9401 ± 15 km/s[1]
Ander nameUGC 10214, Arp 188, PGC 57129
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

’n Kompakter stelsel het vermoedelik voor die Paddavissterrestelsel verbybeweeg – van links na regs soos van die Aarde af gesien – en is om die Paddavis geslinger deur hul wedersydse swaartekrag-aantrekking. Tydens dié proses is die spiraalstelsel se sterre, gas en stof deur getykragte in ’n lang stertvormige patroon uitgerek. Die ander stelsel, wat na raming 300 000 ligjare agter die Paddavis lê, kan gesien word deur die spiraalarms op die voorgrond links bo op die foto.

Nes sy naamgenoot op die Aarde sal die Paddavis waarskynlik sy stert verloor wanneer dit ouer word – die sterreswerms in die stert sal moontlik klein satelliet-sterrestelsels van die groter spiraalstelsel vorm.

Verwysings

Eksterne skakels

16h 06m 03.9s, +55° 25′ 32″

   Arp 184  •  Arp 185  •  Arp 186  •  Arp 187  •  Arp 188  •  Arp 189  •  Arp 190  •  Arp 191  •  Arp 192