Pous Clemens I

Clemens I[2][3] was die vierde pous van die Rooms-Katolieke Kerk en die opvolger van Pous Anacletus I. Sy pontifikaat was volgens die amptelike pouslys van die Vatikaan van 7681. (Volgens Irenaeus van 92 tot 101). Volgens Tertullianus was hy die direkte opvolger van die apostel Petrus en was Pous Linus en Pous Anacletus I Clemens se opvolgers. Dit is egter ook moontlik dat Clemens saam met Linus en Anacletus lid was van die raad van ouderlinge van die gemeente van Rome. Tydens sy ampstermyn is die vormsel (of konfirmasie) ingevoer. Hy is opgevolg deur Pous Evaristus.

Pous Clemens I
GeboortenaamClemens
Pontifikaat begin76
Pontifikaat eindig81
VoorgangerAnacletus I
OpvolgerEvaristus
Gebore1ste eeu
Rome, Italië
Sterf81
Krim, Oekraïne
Ander pouse genaamd Clemens
Sint Pous Clemens I
Gebore1ste eeu, Rome, Italië
Sterfte81, Krim, Oekraïne
Vereer inRooms-Katolieke Kerk
Anglikaanse Gemeenskap
Lutherse Kerk
Oosters-Ortodokse Kerk
Russies-Ortodokse Kerk
Feesdag23 November (Rooms-Katolieke Kerk)
24 November (Oosters-Ortodokse Kerk)
25 November (Russies-Ortodokse Kerk)
AttributePouslike klere, Mariner se kruis, Anker wat gekoppel is aan die kant, Palm van martelaarskap
BeskermheiligeSeevaarders, klipkappers[1]

Volgens die christelike skrywers Origenes en Hieronimus van Stridon is pous Clemens I dieselfde as die Clemens wat deur Paulus in Filippense 4:3 genoem word.

“Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Clemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.”

Pous Clemens[4] het twee briewe aan die Korintiërs geskrywe. Die eerste een is gepubliseer deur Patrick Junius van Oxford, gebaseer op 'n manuskrip uit die biblioteek van die Engelse koningshuis. Van die tweede brief is slegs 'n aansienlike fragment beskikbaar, gepubliseer in Latyn deur Godefroy Wendelin en in Grieks deur Junius.

Volgens die Liber Pontificalis[5] was dat hy 'n Romein van geboorte, uit die distrik van die Celiaanse heuwels en die seun van Faustinus. Hy was biskop ten tye van Galba en Vespasianus.

Bronne

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01798-0

Verwysings

Eksterne skakels

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:

Opvolging

Voorafgegaan deur
Anacletus I
Biskop van Rome
7681
Opgevolg deur
Evaristus