Puebla de Zaragoza

Puebla de Zaragoza ([ˈpweβla], Spaans: Heroica Puebla de Zaragoza, vorige koloniale naam: Puebla de los Ángeles; Nahuatl: Cuetlaxcoapan) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Puebla en dit is op 16 April 1531 deur Spanjaarde onder Fray Julían Garcés en Juan Salmerón gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 692 181 en van 3 199 530 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 534,32 km².

Puebla de Zaragoza
Cuetlaxcoapan

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Puebla
 Koördinate19°02′N 98°11′W / 19.033°N 98.183°W / 19.033; -98.183
 Gestig op16 April 1531
 Oppervlakte: 
 - Totaal534,32 vk km
 Hoogte bo seevlak2 135 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)1 692 181
 - Bevolkingsdigtheid2 619/vk km
 - Metropolitaanse gebied3 199 530
 TydsoneUTC -6 (CST)
 SomertydUTC -5 (CDT)
 Klimaat 
 - TipeSubtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur17,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie13,9 / 18,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae961,2 mm
 BurgemeesterEduardo Rivera
Pérez
 Amptelike webwerfpuebla.gob.mx
Die Iglesia de Puebla
Die Regeringsgebou van die deelstaat Puebla
Die Portal Hidalgo en die munisipale paleis in die historiese sentrum

Puebla de Zaragoza is geleë net suidoos van die metropolitaanse gebied van Meksikostad en word deur die twee aktiewe vulkane Iztaccíhuatl en Popocatépetl van die hoofstad geskei. Puebla de Zaragoza is die vierde grootste stad van Meksiko ná Meksikostad, Guadalajara en Monterrey.

Ná die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog het die stad 'n belangrike kulturele sentrum van dié land geword. Die Spaanse naam Heroica Puebla de Zaragoza is afgelei van 'n Meksikaanse oorwinning tydens die Franse inval in 1862. Puebla de Zaragoza word beskou as een van die mooiste stede van Meksiko, met geboue, wat dateer uit die koloniale tydperk asook moderne Meksikaanse argitektuur. Die historiese sentrum van Puebla de Zaragoza is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.

Eksterne skakels

Hoofstede van Meksiko
HoofstedeAguascalientes • Campeche • Chetumal • Chihuahua • Chilpancingo • Colima • Cuernavaca • Culiacán • Durango • Guadalajara • Guanajuato • Hermosillo • La Paz • Mérida • MexicaliMonterrey • Morelia • Oaxaca • Pachuca • Puebla de Zaragoza • Querétaro • Saltillo • San Luis Potosí • Tlaxcala • Tepic • Toluca • Tuxtla Gutiérrez • Victoria • Villahermosa • Xalapa • Zacatecas