Quintin Brand

Britse Lugmag offisier

Sir Christopher Joseph Quinton Brand (25 Mei 1893 – 7 Maart 1968) was 'n Suid-Afrikaanse offisier wat in die Britse Lugmag diens gedoen het. Hy is in Kimberley gebore en ontvang opleiding in Johannesburg. In die Eerste Wêreldoorlog dien hy in die Britse Vliegkorps en neem saam met sir Pierre van Ryneveld deel aan die beroemde pioneervlug van Londen na Kaapstad in 1920. Hy word later Direkteur van Lugvaart in Egipte. Hy neem ook aan die Tweede Wêreldoorlog deel in beheer van Nr. 10 Vegtersgroep.

Quintin Brand
Quintin Brand

Quintin Brand, ca. 1941

Bynaam(e)Flossie
Geboortedatum25 Mei 1893
GeboorteplekKimberley
Sterfdatum7 Maart 1968 (op 74)
SterfplekUmtali, Rhodesië
LojaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Suid-Afrikaanse Weermag
Britse Lugmag
Jare in diens1913–1943
RangAdjunk-Lugmaarskalk
EenheidNo. 20 Group (1941–43)
No. 10 Group (1940–41)
No. 56 Squadron (1923–25)
No. 44 Squadron (1919)
No. 151 Squadron (1918–19)
No. 112 Squadron (1918)
Veldslae/oorloëEerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
ToekenningsKnight Commander of the Order of the British Empire
Distinguished Service Order
Military Cross
Distinguished Flying Cross
Order of Ismail (Egipte)

Bronne

  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.

Eksterne skakels