Rayton
Rayton is 'n dorp in noordoostelike Gauteng, Suid-Afrika en is naby Cullinan. Die dorp was die setel van die Nokeng tsa Taemane Plaaslike Munisipaliteit, maar laasgenoemde, asook die Metsweding-distriksmunisipaliteit is in Mei 2011 ontbind en by Tshwane geïnkorporeer, dus Rayton ook. Die dorp dien tans as 'n slaapdorp vir mense wat in Pretoria werk.
Rayton | |
---|---|
Koördinate: 25°44′22″S 28°31′44″O / 25.73944°S 28.52889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 145,99 km2 (56,37 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 8 166 |
• Digtheid | 56/km2 (150/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 60.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 1.0% |
• Swart mense | 37.5% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 58.6% |
• Noord-Sotho | 11.1% |
• Engels | 7.8% |
• Ndebele | 4.0% |
• Ander | 18.5% |
Poskode (strate) | 1001 |
Skakelkode | 012 |
Webwerf | www.rayton.co.za |
Geskiedenis
Die dorp is in 1903 gestig toe die Montrose Mynmaatskappy 'n deel van die plaas Elandshoek verkry het en is vernoem na mev Ray Wollaston. Sy was die eggenote van kol. Wollaston, destyds hoofbestuurder van die Cullinanmyn.
Die R515-streeksroete verbind die dorp met die N4-nasionale pad en Cullinan.
Sien ook
Verwysings
Bronne
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie