Rijeka

Rijeka (Italiaans en Hongaars: Fiume) is die belangrikste hawestad van Kroasië, geleë aan die Kvarner-baai ('n inham van die Adriatiese See). Dit het ongeveer 128 735 inwoners (2011) en is die derde grootste stad in Kroasië.

Rijeka
Fiume

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kroasië Kroasië
 DistrikPrimorje-Gorski kotar
 Koördinate45°19′N 14°25′O / 45.317°N 14.417°O / 45.317; 14.417
 Stigting3de eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal44 vk km
 Hoogte bo seevlak0 m
 Bevolking: 
 - Totaal (munisipaliteit in 2011)128 735
 - Bevolkingsdigtheid2 926/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeMediterreense klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur16,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie5,7 / 23,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae1 537,9 mm
 BurgemeesterVojko Obersnel (SDP)
 Amptelike Webwerfwww.rijeka.hr

Geskiedenis

Dit is gestig gedurende of vóór die tyd van die Romeinse Ryk, waarna die stad opeenvolgend deur die Franke, Kroasiërs en Hongare verower is voordat dit uiteindelik gedurende die 15de eeu onder beheer van die Oostenrykse Habsburg gekom het.

Die relatief nabygeleë Republiek van Venesië kon nooit beheer oor Rijeka verkry nie, maar het die stad twee keer verwoes. Die bekende verligte Hongaarse Kommunistiese leier János Kádár is in Rijeka gebore.

Hawe

Die hawe hanteer gemiddeld 15 441 000 ton vrag en 219 800 passasiers per jaar.[1]

Verwysings