Rocco Siffredi

Italiaanse porno-akteur, -regisseur en -vervaardiger

Rocco Siffredi (gebore Rocco Antonio Tano; 4 Mei 1964) is ’n Italiaanse porno-akteur, -regisseur en -vervaardiger wat bekend is vir sy rowwe sekstonele.[2][3]

Rocco Siffredi
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Siffredi in Januarie 2010 op die AVN-toekenningsaand in Las Vegas.

GeboortenaamRocco Antonio Tano[1]
AliasRocko Sifreddi, Rocco de Milano, Rocko Siffredi, Rocco Fiffreddi, Rocco Siffredy, Tano Rocco, Rocco Daryl Tano Jr., Rocco Daryl Tano, Rocco Ziffredi, Roco, Rocky Siffreddy, Rocco Sieffredi, Rocco Sifredi, Rocco Tano[1]
Geboorte4 Mei 1964 (1964-05-04) (59 jaar oud)
Ortona, Italië[1]
NasionaliteitItaliaans
LewensmaatRosa Caracciolo (1993-)
Kinders2
Beroep(e)Pornoster, model
RolprenteButtman's Ultimate Workout, Tarzan X: Shame of Jane, Fashionistas
Webwerfwww.roccosiffredi.com
ToekenningsBeste akteur: AVN-prys (1993, 1996, 2003)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy verhoognaam kom van die karakter Roch Siffredi, wat deur Alain Delon vertolk is in die Franse gangsterfliek Borsalino (1970).[4] Siffredi het al in meer as 1 300 pornografiese rolprente gespeel en is bekend as die "Italiaanse hings".[1]

Loopbaan

Siffredi en Rosa Caracciolo in 2011 op die AVN-toekenningsaand.

Siffredi is in 1985 aan die vervaardiger Marc Dorcel en regisseur Michel Ricaud voorgestel, wat hom twee jaar later ’n rol in sy eerste pornofliek, Attention fillettes... (Aandag, meisies), gegee het. Hy het daarna as model gewerk, maar twee jaar later na die pornobedryf teruggekeer.[5] Siffredi het daarna in storielyn- en gonzo-tipe pornografie gespeel, met seksstyle wat gewissel het van die gewone tot die ekstreme. Dit was egter sy optrede in anale tonele en analingus, sowel as sy rowwe seks en sielkundige intensiteit wat aan hom erkenning en ’n kultusgevolg besorg het. Vanweë sy samewerking met John Stagliano se Evil Angel-ateljee en sy eie Boedapest-gebaseerde Rocco Siffredi Produzioni as beide akteur en regisseur het hy een van die magtigste en erkenbaarste persoonlikhede in pornografie geword.[6]

In Junie 2004 het Siffredi aangekondig hy tree uit toneelspel in pornoflieks ter wille van sy kinders, en sal in die vervolg konsentreer op regisseerwerk en vervaardiging.[7] Siffredi het byna vyf jaar lank nie in ’n prent verskyn nie, maar sy seksuele frustrasie en teleurstellings as regisseur het hom in 2009 as porno-akteur laat terugkeer.[8] Ondanks hernude sukses het hy in 2015 weer aangekondig hy tree uit.[9]

Hoofstroommedia

Siffredi is een van die min pornosterre wat ’n deurbraak in hoofstroomrolprente kon maak. In 1999 het hy in Catherine Breillat se omstrede prent Romance gespeel en in 2003 in haar prent Anatomie de L'enfer (Anatomie van die hel), in ’n rol wat spesiaal vir hom geskryf is. In albei prente was ongesimuleerde sekstonele waarby Siffredi betrokke was, hoewel dit onseker is of hy wel seks met sy medester Caroline Ducey gehad het in Romance (sy sê nee; hy sê ja).[10]

Siffredi is ook in niepornografiese rolle en advertensies op Italiaanse TV te sien.[11][12][13]

Verwysings

Eksterne skakels