Saab JAS 39 Gripen

Die Saab JAS 39 Gripen (Engels: Griffin) is 'n ligte, enkelmotorige multirolvegvliegtuig wat deur die Sweedse maatskappy Saab vervaardig word. Dit is ontwerp om die Saab 35 Draken en 37 Viggen in die Sweedse Lugmag ("Flygvapnet") te vervang. Die Gripen het 'n deltavlerk en kanardopset met ontspanne stabiliteitsontwerp en elektroniese vlugbeheer. Dit word aangedryf deur die Volvo RM12, en het 'n topsnelheid van Mach 2. Latere vliegtuie is gewysig vir NAVO-uitruilbaarheid en ook vir invlug-brandstofaanvulling.

JAS 39 Gripen
'n Sweedse Lugmag JAS 39 Gripen
TipeVegvliegtuig
VervaardigerSaab, Swede
Ontwerp deurIndustrigruppen JAS, Defence Materiel Administration (Swede)
Nooiensvlug9 Desember 1988
Vrygestel1 November 1997
StatusIn gebruik
HoofgebruikersSweedse Lugmag
Suid-Afrikaanse Lugmag
Tsjeggiese Lugmag
Hongaarse Lugmag
Vervaardig1987-huidig
Aantal gebouong. 298
ProgramkosteVS$ 13.54 miljard (2006)[1]
EenheidskosteVS$ 68.9 miljoen (2006)[1][2]

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vegter aanvanklik vir opleiding ontplooi by die Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria. Dit is tans operasioneel in 2 Eskader te Makhado Lugmagbasis naby Louis Trichardt, Limpopo.[3]

Sien ook

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.