Sanaa

Sanaa (Arabies: صنعاء - ook gespel Sanaʽa of Sana) is die amptelike hoofstad en grootste stad van Jemen. Die stad het in 2004 'n bevolking van 1 747 627 gehad. Die historiese stadskern van Sanaa is in 1986 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Onder die Jemenitiese grondwet is Sanaa die hoofstad van die land[1], hoewel die setel van die internasionaal erkende regering na Aden verhuis het na die 21 September-rewolusie. Aden is in Maart 2015 deur president Abdrabbuh Mansur Hadi tot die tydelike hoofstad verklaar.[2]

Sanaa
صنعاء

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Jemen Jemen
 ProvinsieSan‘a’ Governorate
 Koördinate15°24′N 44°12′O / 15.400°N 44.200°O / 15.400; 44.200
 Gestig op6de Eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak
 Bevolking: 
 - Totaal (2004)1 747 627
 - Bevolkingsdigtheid/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 167 961
 TydsoneUTC +03:00
 BurgemeesterAhmed Al-Douaid

Demografie

Mense van Sanaʽa
'n Mark in Sanaʽa
JaarBevolking
191118,000[3]
192125,000[4]
193125,000
194080,000
1963100,000
1965110,000
1975134,600[5]
1981280,000
1986427,505
1994954,448
20011,590,624
20041,748,000 (Metro-Sensus[6])
20051,937,451[7]

Die bevolkingsgroei van die stad het vanaf die 1960's verder gestyg as gevolg van massale landelike migrasie na die stad op soek na werk en 'n verbeterde lewenstandaard.[8] Sanaʽa was in 2010 die vinnigste groeiende hoofstad ter wêreld met 'n groeikoers van 7%[9], terwyl die groeikoers van die land as geheel 3,2% was.[10] Ongeveer 10% van die bevolking woon in die Ou Stad, terwyl die res in die buite distrikte woon.[8]

Verwysings

Eksterne skakels