Sinkselenied

chemiese verbinding

Sinkselenied is 'n verbinding van sink en seleen met die chemiese formule ZnSe.

Eienskappe

Algemeen

NaamSinkselenied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleZnSe
Molêre massa144,34[g/mol][1]
CAS-nommer1315-09-9[1]  
Voorkomsgeel vastestof[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa= 566,7 pm[2]  
RuimtegroepF43m 
Nommer216  
StrukturberichtB3
Smeltpunt1525 °C [3]
Kookpunt
Digtheid5,27 [g/cm3][3]
OplosbaarheidOnoplosbaar 
Ksp3,6 10-26[4] 
Brekingsindeks0,6 @21 μm[3] 
Cp(s)339 [J/kgK][3] 
ΔfHɵ-177,6(2,5) [kJ/mol] @298K[5] 
Sɵf(s)-13,4 [J/molK][5] 
ΔfGɵ-173,6(1,5) [kJ/mol] @298K[5]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit word in die natuur (selde) as die mineraal stilleïet aangetref.

Kristalstruktuur

Sinkselenied kristalliseer nes ZnS in die kubiese sfaleriet-struktuur. (B3 in die strukturbericht-klassifikasie.)

Vervaardiging

Sinkselenied kan in lae op 'n grafietondergrond aangebring word deur sinkdamp met H2Se-gas te laat reageer. [3]

Gebruike

Optiese elemente van ZnSe

Sinkselenied word vanweë sy deursigtigheid in die infrarooi gebied gebruik vir IR-komponente soos lense, vensters en prismas vir verswakte totale reflektansiespektroskopie (ATR-IR), waar sy hoë brekingsindeks totale weerspieëling moontlik maak. Sinkselenied is die gunstelingmateriaal vir gebruik met CO2-lasers wat infrarooilig met 'n golflengte van λ= 10,6 μm lewer.[3] Die meeste materiale is ondeursigtig in hierdie gebied.

Sinkseleniedlense vind toepassing in nagsigtoestelle wat baie militêre gebruike het.[6]

Fisiese eienskappe

Dit is 'n halfgeleier met 'n gebied van goeie optiese transmissie wat strek van 0,6 tot 21 μm. Die termiese geleibaarheid is 18 [W/mK] @298K en Young se modulus 67,2 GPa. [3]

Die bandgaping is 2,7 eV teen kamertemperatuur en dit het 'n groot eksitonbindingsenergie van 21 meV. Die bandgaping kan vergroot word deur nanodeeltjies te vervaardig. Indien hulle kleiner is as die Bohr-radius van die eksiton word die eienskappe anders deur kwantumopsluiting. [7]

Dunne lae wat bestaan uit mengkristalle van die sulfied and die selenied van sink (ZnSxSe1−x) is reeds vervaardig. Hulle selparameter neem af van 568 pm na 541 pm en hulle bandgaping neem toe van 2,59 eV na 3,38 eV.[8]

Chemiese eienskappe

Sinkselenied is stabiel in water en word slegs stadig deur sure aangetas. Dit begin om teen 300°C te oksideer, vervorm plasties teen 500°C en begin om te ontbind teen 700 °C. Dit kan tot 250 °C veilig aangewend word.[3]

Verwysings