Snorri Sturluson

Snorri Sturluson (moderne Noors: Snorre Sturlason, moderne Sweeds: Snorre Sturlasson; 1179 - 22 September 1241) was 'n Yslandse skrywer, digter en historikus.[1] Daar word algemeen aanvaar dat hy dele saamgestel het van die Prosaïese Edda, 'n belangrike bron van wat vandag as die Noorse mitologie bekend is.

Snorri Sturluson
Snorri Sturluson, deur Christian Krohg (1890's).
Snorri Sturluson, deur Christian Krohg (1890's).
Gebore1179
Hvammur í Dölum, Dalasýsla, Ysland
Oorlede22 September 1241 (op 62)
Reykholt, Ysland
BeroepSkrywer, digter, historikus, politikus

Hy was ook die skrywer van Heimskringla, 'n geskiedenis van die Noorse konings wat begin met die legendariese materiaal in Ynglinga saga en daarna aanbeweeg na die vroeë Middeleeuse geskiedenis van Skandinawië.[2] Om stilistiese en metodologiese redes word dikwels gereken Snorri is ook die skrywer van Egil se saga.

Hy is in 1241 vermoor deur mans wat beweer het hulle is agente van die koning van Noorweë.[3]

Verwysings

Skakels