Suikerbosrand-natuurreservaat
Die Suikerbosrand-natuurreservaat is 'n bewaringsgebied aanliggend aan Heidelberg, Gauteng, en is een van Gauteng se mees gewilde ekotoerisme-bestemmings.
Suikerbosrand-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Naaste dorp | Heidelberg |
Koördinate: 26°30′0″S 28°15′0″O / 26.50000°S 28.25000°O 28°15′0″O / 26.50000°S 28.25000°O | |
Oppervlak | 11 595 ha |
Openingsjaar | Maart 1974 |
Bestuursliggaam | Gautengregering |
Dit is vernoem na die suikerbos wat volop in die reservaat voorkom. Plantegroei wissel van oop grasvlaktes met kranse en klowe tot beboste valleie en soetdoringveld.'n Verskeidenheid diere kom voor in die reservaat soos blesbok, bobbejaan, eland, gewone duiker, vaalribbok, koedoe, oorbietjie, rooihartbees, steenbok, springbok, swartwildebees en sebra.
'n Groot verskeidenheid van voëls word ook in die reservaat aangetref, soos die bergpatrys, rooivlerkpatrys, rooiborsjakkalsvoël, rooikeelflap, witkruisarend en Kaapse wewer.
- draaihals en
- 'n Vallei in die Suikerbosrand-natuurreservaat.
- Elande wei in die Suikerbosrand-natuurreservaat.
- Landskap in die Suikerbosrand-natuurreservaat.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie