Tanganjika

Tanganjika (Engels en Swahili: Tanganyika) was 'n republiek in Oos-Afrika binne die Britse Statebond en vernoem na die Tanganjika-meer wat die land se westelike grens vorm. Op 26 April 1964 het dit saam met die eilande van Zanzibar saamgesmelt om die Verenigde Republiek van Tanzanië te vorm.

Tanganyika
Republic of Tanganyika
Jamhuri ya Tanganyika
Republiek van Tanganjika
1961-1964
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: Uhuru na Umoja
Volkslied: Mungu ibariki Afrika
Ligging of Tanganjika
Ligging of Tanganjika
HoofstadDar-es-Salaam
06°48′S 39°17′O / 6.800°S 39.283°O / -6.800; 39.283 39°17′O / 6.800°S 39.283°O / -6.800; 39.283
Taal/TaleEngels, Swahili
RegeringRepubliek
PresidentJulius Nyerere
Historiese tydperkKoue Oorlog
 - Onafhanklikheid9 Desember 1961
 - Stigting van die Republiek9 Januarie 1962
 - Vereniging met Zanzibar tot Tanzanië26 April 1964
Oppervlakte
 - 1961942 560 km2
363 924 sq mi
Bevolking
 - 1961 skatting10 000 000 
     Digtheid10,6 /km² 
27,5 /sq mi
GeldeenheidShilling
Die koloniale vlag van Tanganjika.

Die naam het vir die eerste keer verskyn as die "Mandaatgebied van Tanganjika", wat van die kolonie Duits-Oos-Afrika gevorm is. In 1922, na die Eerste Wêreldoorlog, is dit deur die Volkebond as 'n mandaat aan Brittanje toegeken.

Die land het in 1946 'n "trougebied" van die Verenigde Nasies geword, hoewel dit steeds deur die Verenigde Koninkryk regeer is. Tanganjika het egter op 9 Desember 1961 onafhanklikheid verkry en die "Republiek van Tanganjika" (Swahili: Jamhuri ya Tanganyika) is 'n halfjaar later, op 9 Junie 1962, gestig.