Tirol

Tirool
Tirol (de)
LandsvlagLandswapen
(Besonderhede)(Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal:Duits
Hoofstad:Innsbruck
Stigting:1919
Oppervlakte:12 648,37 km²
(5de af 9)
(31 Desember 2019)
Bevolking:771 304[1]
(5de af 9)
(1 Januarie 2023)
Bevolkingsdigtheid:61 inwoners / km²
(9de af 9)
Bruto binnelandse produk
 - Totaal (2018)
 - % per inwoner
34,67 miljard €[2]
46 100 €
Werkloosheidsyfer:3,6%
(Augustus 2022)[3]
Buitelanders:16,4%[4]
(1 Januarie 2020)
Volkslied (Landeshymne):Zu Mantua in Banden
ISO 3166-2:AT-7
Amptelike webwerf:tirol.gv.at
Politiek
Eerste minister:Anton Mattle (ÖVP)
Regerende partye:ÖVP en SPÖ
Setels in die parlement (Landtag) (36 setels)
2022 (2018)
ÖVP: 14 (17)
SPÖ: 7 (6)
FPÖ: 7 (5)
Die Grünen – Die grüne Alternative: 3 (4)
FRITZ: 3 (2)
NEOS: 2 (2)
Laaste verkiesing:25 September 2022
Volgende verkiesing:2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat):5 af 60
Kaart

Tirool (soms Tirol) is 'n deelstaat van die Republiek Oostenryk. Innsbruck is die hoofstad en met 'n bevolking van 131 358 (2023) die grootste stad van Tirool. Die deelstaat Tirool bestaan uit die twee afsonderlike dele Noord-Tirool en Oos-Tirool. Suid-Tirool en Trentino moes ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918 aan Italië afgestaan word en vorm, nadat die Republiek Oostenryk dekades lank as beskermende buitelandse moontlikheid daarop aangedring het dat die kulturele en taalregte van Duitssprekende Suid-Tirolers in formele Italiaanse wetgewing verskans moet word, tans die outonome gebied Trentino-Suid-Tirool. Die Oostenrykse deelstaat Tirool en die Italiaanse outonome gebied Trentino-Suid-Tirool vorm nou die Europese streek Tirool vir die doel van samewerking.

Geschiedenis

Die historiese gebied van Tirool voor 1918, nou identies aan die Europese streek Tirool
Topografiese kaart van Tirool

Tirool beslaan 'n oppervlakte van 12 648,37 km² en het 'n bevolking van 771 304 in 2023 gehad. Tirool is in 1919 ná die ontbinding van Oostenryk-Hongarye gestig en is in die suidweste van Oostenryk geleë. Dit grens aan die deelstate Vorarlberg in die weste, Salzburg in die ooste en Karintië in die suidooste. In die noorde grens dit aan Duitsland (Beiere), in die suidweste aan Switserland en in die suide aan Italië (Suid-Tirool).

Administratiewe distrikte

  • Noord-Tirool
  • Oos-Tirool
    • Lienz

Stede

StadBevolking (2023)
1.Innsbruck131 358
2.Kufstein19 930
3.Telfs16 271
4.Hall in Tirol14 418
5.Schwaz14 211
6.Wörgl14 403
7.Lienz11 990
8.Imst11 135
9.Sankt Johann in Tirol9 885
10.Rum9 381
11.Kitzbühel8 289
12.Zirl8 224
13.Wattens8 173
14.Landeck7 579
15.Jenbach7 492

Verwysings

Eksterne skakels

Deelstate van Oostenryk

Burgenland | Karintië | Neder-Oostenryk | Opper-Oostenryk | Salzburg | Stiermarke | Tirol | Vorarlberg | Wene