Toela

’n stad in Rusland
Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Toela-oblast.

Toela (Russies: Ту́ла) is die hoofstad van die Toela-oblast in die Russiese federale distrik Sentraal-Rusland. Die stad, wat sowat 200 km suid van Moskou geleë is, was eeue lank een van die belangrikste vestingstede in die Russiese Ryk. Die inwonertal is 490 508 (2014).

Toela
Тула

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Rusland Rusland
 Federale distrikSentraal-Rusland
 OblastToela-oblast
 Koördinate54°12′N 37°37′O / 54.200°N 37.617°O / 54.200; 37.617
 Stigting (eerste verwysing)1146
 Stadstatus1146
 Oppervlakte: 
 - Totaal145,2 vk km
 Hoogte bo seevlak170 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2014)490 508
 - Bevolkingsdigtheid3 541/vk km
 TydsoneUTC +4
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur5,2 °C[1]
 - Gem. temp. Januarie/Julie-9,3 / 18,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae601 mm
 BurgemeesterJewgeni Awilof
 Amptelike Webwerfhttp://www.tula.ru

Die eerste geskiedkundige verwysing na Toela dateer uit 1146 – die stad is dus een jaar ouer as Moskou. Sy naam is afgelei van die klein rivier Toelitsa wat in die stadsgebied met die groter Oepa saamvloei.

Toela word nie amptelik by die Goue Ring van Rusland, 'n aantal histories belangrike nedersettings rondom die hoofstad, gereken nie. Maar dit het nogtans lankal in een van die gewildste toeristebestemmings in die land ontwikkel. Die stad is onder meer bekend vir sy vroeë 16de-eeuse kremlin (fort), samowars (tradisionele Russiese teeketels) en heuningkoeke (Russies: prjaniki).

Die afgelope 300 jaar word die naam Toela ook met wapenfabrieke verbind. Die nyweraarsgesin Demidof, invloedryke oligarge in die tyd van tsaar Pieter die Grote, het groot ystergieterye in Toela laat oprig wat die historiese voorlopers van 'n hele reeks wapenfabrieke sou word en die Russiese leër van gewere en kanonne voorsien het.

Verwysings