Tom Cotton

Thomas Bryant Cotton (13 Mei 1977) is 'n Amerikaanse politikus, militêre veteraan en prokureur wat sedert 2015 dien as die junior senator vir Arkansas. Hy is 'n lid van die Republikeine en het van 2013 tot 2015 in die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State gedien. Cotton is 'n oorlogsveteraan van die sogenaamde oorlog op Terreur.

Tom Cotton
Tom Cotton
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Januarie 2015
Voorafgegaan deurMark Pryor
Voorafgegaan deurMike Ross
Opgevolg deurBruce Westerman

Persoonlike besonderhede
GeboreThomas Bryant Cotton
13 Mei 1977 (1977-05-13) (47 jaar oud)
Dardanelle, Arkansas, VSA
Politieke partyRepublikeins
Kind(ers)2
Diens/TakAmerikaanse Leër

Cotton dien sedert 2005 as offisier in die Amerikaanse Leër, waar hy gevorder het to die rang van kaptein. Sy militêre diens sluit deelname aan die Afghaanse en Irakse veldtogte in waar die Brons Ster en Gevegsinfanterie wapen aan hom toegeken is. Hy is in 2012 verkies as die Verteenwoordiger vir Arkansas se 4de kongressionele distrik, en op 37-jarige ouderdom na die V.S.A. Senaat in 2014, nadat hy die twee-termyn Demokratiese ingesetene Mark Pryor verslaan het.

In Junie 2020 het die bestuur van die New York Times een van hul redakteurs afgedank omdat hy senator Tom Cotton se rubriek geplaas het waarin hy argumenteer dat Amerikaanse troepe, indien nodig, gebruik moet word om gewelddadige onluste te stuit. Dit het na die tyd geblyk dat 'n groot meerderheid Amerikaners met die senator saamstem.[1]

Senator Cotton was krities oor hoofregter John Roberts van die hooggeregshof van die Verenigde State (wat die uitspraak vir die meerderheid geskryf het), nadat die hof die Trump-administrasie se poging om die uitgestelde-aksie-vir kinderaankomings-program (DACA) te beëindig verwerp het. Hy het gesê dat hy (Roberts) daaraan moet dink om vir 'n politieke amp aansoek te doen.[2]

Vroee lewe, opvoeding en militêre loopbaan (1977–2013)

Vormingsjare en opvoeding

Thomas Bryant Cotton is op 13 Mei 1977 gebore in Dardanelle, Arkansas. [3] Cotton se vader, Thomas Leonard "Len" Cotton, was 'n distriksinspekteur in die departement van gesondheid in Arkansas, en sy ma, Avis (née Bryant) Cotton), was 'n onderwyser wat later die skoolhoof geword het van die middelbare skool van hul distrik. [4] Cotton se familie het sewe geslagte lank in landelike Arkansas gewoon, en hy het op sy familie se veeplaas grootgeword. [5][6] Hy het Dardanelle Hoërskool bygewoon waar hy in die plaaslike- en streeks basketbalspanne gespeel het; hy was 1.96 m lank, en moes derhalwe gewoonlik senter speel. [6][7]

Cotton het aan Harvard-universiteit begin studeer nadat hy in 1995 gematrikuleer het. By Harvard was Cotton 'n lid van die redaksie van The Harvard Crimson, waar hy dikwels met die liberale meerderheid se menings verskil het. [7] Hy het in sy artikel kwessies aangespreek wat hy beskou het as die "heilige koeie", soos bv. regstellende aksie.[8] Hy het in 1998 na slegs drie jaar sy BA-graad magna cum laude verwerf, nadat hy sy verhandeling geskryf het oor die The Federalist Papers. [6]

Na sy studies aan Harvard het Cotton ingeskryf vir 'n meestersgraadprogram aan die Claremont Graduate University. Hy het in 1999 die universiteit verlaat, en gesê dat hy die akademiese lewe "vervelig" gevind het. In plaas daarvan het hy by Harvard se regskool ingeskryf. [6] Cotton het in 2002 gegradueer aan die regskool met 'n Juris Doctor-graad. [3]

Nadat hy in 2002 klaar gemaak het by die regskool, het hy vir 'n jaar as klerk gedien vir regter Jerry Edwin Smith aan die Verenigde State se Appèlhof ("5th Circuit Court of Appeals"). Daarna het hy die regspraktyk betree en 'n paar maande by Gibson, Dunn & Crutcher gewerk ten einde sy studielenings te kan afbetaal. [9]

Militêre diens

Op 11 Januarie 2005 het Cotton ingeskryf by die Amerikaanse Leër. [10] Hy het aanbiedinge om in die JAG korps te dien van die hand gewys, en in plaas daarvan versoek om in die infanterie te dien. Hy het tydens sy derde jaar van regskool besluit om in die infanterie te dien, terwyl hy na nuusberigte oor die aanvalle op 11 September gekyk het. [11] In Maart 2005 het hy ingeskryf by die VSA se Skool vir Offisierskandidate (OCS), en in Junie 2005 het hy 'n tweede luitenant in die infanteriekorps geword. [12]

In Mei 2006 is Cotton ontplooi na Bagdad as deel van Operation Iraqi Freedom (OIF) as 'n pelotonleier in die 101st Airborne Division. In Irak het hy 'n 41-man lugaanval-infanteriepeleton in die 506de infanterieregiment gelei, en daaglikse gevegspatrollies beplan en gelei. [12] In Desember 2006 is hy bevorder tot eerste luitenant. Hy is aangestel as 'n pelotonleier vir die 3de Amerikaanse infanterieregiment (The Old Guard) by Fort Myer in Virginia. [13]

In Oktober 2008 is Cotton in Oos-Afghanistan ontplooi. Hy is as die operasionele offisier aangestel in 'n Train Advise Assist Command - East provinsiale rekonstruksie span ("PRT") by die Gamberi voorwaartse bedryfsbasis in Laghman Provinsie, waar hy daagliks teen-insurgent-operasies beplan het. [12] Sy ontplooiing van 11 maande het op 20 Julie 2009 geëindig, en hy het uit Afghanistan teruggekeer. [12]

In Julie 2010 is Cotton oorgeplaas na die reserwemag. Sy rekords toon dat sy militêre ontslag in Mei 2013 plaasgevind het; hy is bekroon met die Brons Ster en het onder andere 'n gevegsinfanterie wapen ontvang. [12][14][15]

Persoonlike lewe

Cotton het in 2014 met Anna Peckham ('n prokureur) getrou. Die paartjie het twee kinders.[16] Hulle eerste kind, 'n seuntjie, is op 27 April 2015 gebore.[17][18]

Cotton is 'n lid van die Verenigde Metodiste Kerk.[19]

Cotton het gesê dat Walter Russell Mead, Robert D. Kaplan, Henry Kissinger, die romansiers Daniel Silva, C. J. Box,[20] en Jason Matthews sy gunsteling outeurs is.[21]

Geskiedenis van sy verkiesings

Arkansas se 4de Kongressionele Distrik se Republikeinse voorverkiesing, 2012
PartyKandidaatStemme%+%
RepublikeinsTom Cotton20,89957.55%
RepublikeinsBeth Anne Rankin13,46037.07%
RepublikeinsJohn Cowart1,9535.38%
Arkansas se 4de Kongressionele Distriksverkiesing, 2012
PartyKandidaatStemme%+%
RepublikeinTom Cotton154,14959.53%
DemokraatGene Jeffress95,01336.69%
LibertynBobby Tullis4,9841.92%
GroenJoshua Drake4,8071.86%
V.S.A Senaatsverkiesing in Arkansas, 2014
PartyKandidaatStemme%+%
RepublikeinTom Cotton478,81956.50%
DemokraatMark Pryor*334,17439.43%
LibertynNathan LaFrance17,2102.03%
GroenMark Swaney16,7971.98%
Inskryf-stemmeInskryf-stemme5050.06%

Verwysings

Eksterne skakels

Huis van Verteenwoordigers van die VSA
Voorafgegaan deur
Mike Ross
Lid van die Huis van Verteenwoordigers van die VSA
van Arkansas se 4de kongressionele distrik

2013–2015
Opgevolg deur
Bruce Westerman
Party-politieke poste
Vakant
Pos die laaste bekleë deur
Tim Hutchinson
Republikeins genomineer vir die V.S.A Senatorskap vir Arkansas
(Klas 2)

2014
Dienend
Senaat van die VSA

Sjabloon:U.S. Senator box

Eretitels
Voorafgegaan deur
Chris Murphy
Baba van die Senaat
2015–2019
Opgevolg deur
Josh Hawley
Huidige volgorde van voorrang van die VSA (seremonieel)
Voorafgegaan deur
James Lankford
Senators in die Verenigde State volgens senioriteit
74ste
Opgevolg deur
Steve Daines